Egpaar oor gestroopte ivoor aangehou
Tanzanië
'n Tanzaniese hof het 'n egpaar tot 20 jaar gevangenisstraf gevonnis vir die onwettige besit van 210 stukke ivoor van byna 100 gestroopte olifante, het die regering Dinsdag bekend gemaak.
Peter en Leonida Loi Kabi, wat onskuldig gepleit het, is Maandag gevonnis.
“Die olifanttande wat 450,6 kilogram weeg, saam met vyf stukke olifantbene, verteenwoordig dit die slagting van 93 olifante. Dit is in die huis van die veroordeeldes aangetref,” het die ministerie van natuurlike hulpbronne en toerisme in 'n verklaring gesê.
Bekend vir safari's op die Serengeti-vlaktes en die tuiste van Afrika se hoogste berg, Kilimandjaro, maak Tanzanië staat op inkomste uit toerisme, maar wildstropers wat veral ivoor najaag om in Asië te verkoop, het groot skade aan die sektor aangerig.
Pres. John Magufuli het sy veiligheidsmagte in Oktober opdrag gegee om alles in die stryd te werp teen kriminele wat die netwerke stropers finansier.
Tanzanië se olifantbevolking het van 110 000 in 2009 tot ongeveer 43 000 in 2014 geval. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie