Egpaar se kombuis ingespan om dak oor kop te hou
Henriette Lamprecht – ’n Egpaar wat hul werk weens Covid-19 verloor het, span nou hul bakvernuf en kombuis in om kop bo water te probeer hou.
Inkomste wat uit van klein koekies tot koeksisters gemaak word, moet nie net Ansie (56) en André Hulme (51) van Windhoek se basiese uitgawes dek nie, maar ook André se medikasie vir die behandeling van sy keelkanker wat dikwels nie by die staat beskikbaar is nie.
Die Hulme’s het Februarie verlede jaar hul werk verloor nadat die plek waar hul albei werksaam was, sy deure moes sluit. Nuwe werk was skaars en hulle moes vinnig ’n plan bedink om ’n inkomste te verdien.
André wie se “stemboks” onder meer tydens ’n operasie verwyder is en moeilik praat weens ’n gat in sy keel, is die een wat soggens vir Ansie die bestanddele reg sit vir die dag se meng en bak.
“Ek is lief vir kosmaak,” sê Ansie.
“Ek het baie resepte beproef en dit was en is baie belangrik dat ons nie iets verkoop wat ek nie self sal wil hê nie. Ek gebruik my ma se gemmerkoekieresep en vir die koeksisters is dit my gewese skoonma se resep.”
Sy vertel hulle is heeldag besig en namiddae word gewoonlik gebruik om die oggend se beskuit uit te droog. Op ’n dag word tot 21 dosyn koeksisters gebak, met hul klein kombuis wat ’n jaar later darem nou al met drie oonde spog.
“Dit is harde werk, veral die koeksisters, maar as ek eers aan die gang is, raak dit lekker,” sê Ansie.
Bestanddele vir ’n dag se baksels beskuit sluit onder meer 20 pakke 1 kg-bruismeel, 10 kg-margarien en 10 kg-suiker in. Hul kragrekening is sowat N$3 000 per maand en hulle lê honderde kilometer per maand af om bestellings af te lewer.
Hoewel bestellings toegeneem het en hul produkte ook in Swakopmund verkoop word, het bestanddele se pryse so gestyg dat hul wins maar min is, sê André.
“Ons moet eers produkte verkoop om weer bestanddele te kan aankoop.”
’n Konstante uitgawe is André se medikasie wat hy as gevolg van sy keelkanker en die gevolglike operasies moet gebruik. Dit sluit van antibiotika tot pynmedikasie en teensuurmiddels in wat die Hulme’s – wat nie ’n mediese fonds het nie – uit hul eie sak moet betaal.
André het in 2018 brongitis gehad waartydens sy stem hees geraak en nie weer na normaal teruggekeer het nie.
Kort daarna is hy in Suid-Afrika waar hulle toe gewoon het, met keelkanker rondom sy stembande gediagnoseer. Hy het onder meer bestraling en chemoterapie ontvang. Al sy kiestande moes onder meer verwyder word, omdat die stopsels ’n chemiese reaksie met die bestraling veroorsaak het en dit dan giftig raak.
Die chemoterapie moes gestaak word, omdat dit sy gehoor aangetas het en hy “heeltyd die geluid van sonbesies hoor”, iets wat vandag steeds voortduur. Hy het ook permanent pyn in sy keel en kopsere gehad.
“Ek was moedeloos en nie meer lus vir die lewe nie. ’n Mens kan amper nie slaap van al die pyn nie,” sê André.
Twee jaar ná sy kankerdiagnose en hy later in remissie was, was die kanker in Augustus 2020 weer terug. In September 2020 het hy ’n laseroperasie gehad, wat gevolg is deur geweldige pyn.
“Ek kon nie eet of slaap nie. Ek het drie weke so gelê en gedink dis die einde.”
Hy het ’n infeksie in die kraakbeen in sy keel gehad wat die geweldige pyn veroorsaak het en is weer met antibiotika en sterk pynpille behandel. ’n Opvolgondersoek het gewys hy is “skoon, maar ’n paar maande later het ’n ondersoek gewys die kanker is weer terug. Hy het ’n laringale operasie ondergaan waartydens sy “stemboks” uitgehaal is.
“Ek is ‘n baie gelowige mens en baie mense, vriende en die kerk het vir my gebid. Ek het geweet ek sal oukei wees, al gaan dit nie maklik wees. Die Here was my nog altyd genadig.”
Tydens die operasie is ’n klep in sy keel gesit waarmee hy leer praat het as hy die gat in sy keel toedruk, verduidelik André.
“Die klep sit binne ’n gat in ’n wand wat grens aan die slukderm. Die gat se pyp loop reguit longe toe. Ek haal met dit asem, my neus werk nie meer nie en ek kan glad nie ruik nie.”
André sukkel met vreeslike sooibrand en kos en vloeistof wat opstoot in sy keel.
“As ek eet, stoot alles terug in my mond of neus. Dit brand en laat my hoes of opgooi.”
Hy wag nou vir ’n afspraak by die staatsdokter om ’n gastroskopie te doen. Die vermoede is dat sy maagklep nie meer werk nie en dat hy moontlik ’n maagvirus het wat hom opgeblaas laat voel.
Die gewilde Suid-Afrikaanse sanger Brendan Peyper sal later vandeesmaand ’n konsert in Windhoek hou waarvan die inkomste aan die Hulme’s sal gaan om te help met mediese en daaglikse koste.
Vir meer inligting kan Marcha Reed by [email protected] gekontak word en André by 081 702 7448.
– [email protected]
FOTO’s verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie