Egpaar sterf in vlammehel
Die oorsaak van 'n brand wat die lewe van twee pensioenarisse geëis het, is onbekend.
Henriette Lamprecht
'n Egpaar van 'n plaas in die Omahekestreek is die naweek dood nadat hul huis deur 'n brand verwoes is.
Die 86-jarige mnr. Armin Siegfried Riedel en sy vrou, Brunhild (66), het in die brand op hul plaas Grunfeld, 17 km oos van Gobabis, gesterf.
Volgens die woordvoerder die Namibiese polisie, hoofinsp. Kauna Shikwambi, het die brand Saterdagaand omstreeks 22:00 ontstaan.
Die Riedel-egpaar is in hul slaapkamer deur die vlamme oorval en is volgens die misdaadverslag onherkenbaar verkool.
Drie plaaswerkers wat naby die plaashuis woon, het die brand gesien en bure daarvan in kennis gestel. Volgens Shikwambi is die oorsaak van die brand nog nie bekend nie en duur die ondersoek voort.
Die egpaar word volgens Shikwambi deur twee seuns oorleef.
In 'n onverwante voorval is 'n vyfjarige seuntjie in die Erongostreek dood nadat hy deur vlamme oorval is in die kamer waarin hy gelê en slaap het.
Volgens Shikwambi het Teotorin Narib Vrydag in die middernagtelike ure in 'n huis in Geelhoudstraat in Arandis doodgebrand. Die oorsaak van die brand is onbekend en die polisieondersoek duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie