Egtheid in tye van krisis
Egtheid in tye van krisis

Egtheid in tye van krisis

Mandy Rittmann
JOHN FREDERICKS SKRYF:

Enige pandemie van enige aard neig om beide die slegste en die beste in mense uit te bring.

Sommige van die natuurlike en selfs mensbeheerde en mensgemaakte krisisse, lê bloot wie die mens werklik is. Vriendskap gebaseer op egtheid is seker die beste polis wat enige persoon in ’n tyd van krisis wil uitneem, maar soos met alle ander polisse moet die vriendskap sy vatbaarheid, deug en egtheid bewys.

Om egtheid te toon en te bewys in vriendskapkringe, is seerseker een van die moelikste uitdagings, want vriendskapkringe bestaan nie uit enersdenkende persone en persoonlikhede nie. In die moeilike en uitdagende tye waarin die mensdom verkeer, is die staatmaak op vriende een van die belangrikste pilare waarop gebou kan word om wêreldse krisisse te oorbrug, maar dan moet die vriendskap die etiket van egtheid dra.

Die sielkundige Liana Gabara vra die vraag: “Does growing up around fake stuff encourage fakeness?” Sy skryf deurwinterde en tydbestande materiaal is duurder as namaaksels. Gabara vra: “Is it better to surround oneself with stuff that revels in what it is, or to surround oneself with stuff that pretends to be something it is not?”

Daar is ’n behoefte by alle mense om aanvaar te word en om deel te wees van iets groter. Soms kom dit teen ’n prys, want jy moet dalk jou identiteit en persoonlikheid in belang van aanvaarding opoffer.

Is dit die moeite werd om egtheid op te offer en te vervang met namaaksels?

’n Egte vriend het 30 jaar gelede aan my gesê: "Jy is nie te swaar of te moeilik vir my nie, jy is my vriend.” Hy is ongelukkig, of dalk gelukkig, nie meer met ons op die pandemiedeurtrekte tye nie, maar sy egtheid en die egtheid van ons vriendskap het ook hegte bande tussen ons kinders geskep.

Die pandemie, wil ek glo, bied ons die geleentheid om te onderskei tussen opregte en valse vriendskap, opregte en valse mense en kollegas, maar seker meer belangrik as enigiets anders - die kans om die egtheid van die self, die eerlikheid en waarheid van wie ons is, en die egtheid van ons waardes en bedoelings te ondersoek.

Met 'n kombinasie van egtheid en opregtheid kan ons enige krisis oorkom.

Maar dan die retoriese vraag: hoe eg is ons egtheid?

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!