EHRA bou opleidingsentrum
Vir inwoners van die noordelike deel van die Erongostreek en die suide van die Kunenestreek kan die risiko van konflik met vrylopende olifante ’n uitdaging wees.
Die nieregeringsorganisasie Elephant-Human Relations Aid (EHRA) is tans besig om ’n opleidingsentrum te bou waar gemeenskappe opleiding kan ontvang hoe hulle in vrede met die olifante kan saam leef terwyl hulle hulself en hul lewensbestaan beskerm.
Die sentrum in die Kunenestreek, sowat 50 kilometer buite Uis, sal teen die einde van die jaar voltooi wees. Die sentrum word op dieselfde stuk grond gebou waarop EHRA se basiskamp geleë is.
Die EHRA opleidingsentrum is die nuutste ontwikkeling in die PEACE (People and Elephants Amicably Co-Existing) projek. Die PEACE-projek is in 2009 as ’n opleidingsprogram begin in reaksie op toenemende mens-dier-konflik en onverdraagsaamheid teenoor die olifante. Die program se doelwit is om ’n harmonieuse bestaan tussen olifante en mense te bewerkstellig.
Die sentrum is moontlik gemaak deur NUII, ’n roomyshandelsmerk van die Verenigde Koninkryk, en die omgewingsbewaringsorganisasie WildArk en sal deur die PEACE-projekspan beman word.
Die projek bied opleiding aan skole, gemeenskappe, wildbewaarders in bewaringsgebiede, olifantbewaarders en veldgidse oor olifante se gedrag en hoe mense hulself kan beskerm wanneer hulle met olifante in kontak kom.
Die inligtingsentrum het binnenshuise asook opelug opleidingspasie wat meer as 50 studente kan akkommodeer. Daar is ook ’n kantoor vir EHRA-personeel, sodat hulle naby aan die gemeenskap is en vinniger op enige probleme kan reageer.
Die sentrum kan ook gehuur word vir geleenthede soos gemeenskapsvergaderings of troues wanneer dit nie vir opleiding gebruik word nie, as ’n inkomstebron vir EHRA.
Die sentrum is ontwerp met die omgewing en klimaat van die Namibwoestyn in gedagte. Die gebou is deur me. Sanderine Bierman as argitek ontwerp en word deur nog ’n argitek, mnr. Michiel Coetzee, bestuur.
Die ontwerp sluit funksies soos dat die dak in die suidwestelike rigting gerig is om die koeler bries te vang want gewoonlik uit die westekant waai.
Die strewe was om die gebou en die omliggende bergvallei soos een te laat lyk en om nie ’n gebou te bou wat die natuur versteur nie. Die gebou gebruik hoofsaaklik plaaslike materiale en skuurmure wat ’n minimale impak op die omgewing het.
WildArk en NUII het nie net die nuwe sentrum gefinansier nie, maar hulle het ook gehelp om 20 sonkraggedrewe waterpompe aan te skaf. Dié pompe sal gebruik word om water kosteloos aan die gemeenskap, vee en wilde diere te verskaf. Hulle sal die bestaande pompe wat diesel benodig vervang.
Die besturende direkteur van WildArk, me. Kirstin Scholtz, sê hulle het besluit om EHRA te ondersteun omdat die organisasie ’n jarelange gemeenskapsgebaseerde holistiese benadering tot die bewaring van olifante het.
“Ons was op soek na ’n bewaringsorganisasie wat beide mense en diere bevoordeel en wat ’n impak binne 12 tot 24 maande sou hê. EHRA het reeds planne gehad om die opleidingsentrum te bou en hulle was besig om die sonkraggedrewe waterpompe oral in die streek te installeer. Ons het besluit om hulle met die finansiering te help in samewerking met ons vennoot NUII,” het sy gesê.
EHRA is sedert 2003 daartoe verbind om vreedsame verhoudings tussen olifante en die mense in die plattelandse gemeenskappe te bevorder.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie