Ehra wen nóg ’n toekenning
Tanja Bause
Vir die tweede agtereenvolgende jaar het Elephant Human Relations Aid (Ehra) met ’n toekenning van Travel & Hospitality Awards weggestap.
Die bewaringsgroep vir Namibiese woestynolifante het vanjaar die toekenning vir die kulturele ervaring van die jaar in die reisorganisasie se toekennings vir Afrika ontvang. Verlede jaar het hulle die toekenning vir ’n unieke ervaring in Afrika ontvang.
Die Travel & Hospitality Awards is in die Verenigde Koninkryk gebaseer en vereer jaarliks uitnemendheid in alle sektore van reis, soos hotelle, restaurante en toeroperateurs.
Hulle is ’n groep reisentoesiaste, bloggers en kundiges wat byeengekom het om organisasies te vereer wat uitmuntend op die gebied van reis en gasvryheid presteer. Die beoordelaarspaneel werk onafhanklik en kies die beste hotelle, toeroperateurs en ander organisasies wat goed vaar in die bedryf as wenners. Wenners word bepaal deur ’n paneel kundiges wat die voorleggingsmateriaal ontleed, kliënte se terugvoer beoordeel en die fasiliteite van elke deelnemer vergelyk. Wenners is diegene wat hul uniekheid, gehalte van dienste en fasiliteite en buitengewone vlakke van kliëntediens in ’n aantal kategorieë kan demonstreer.
Volgens Travel & Hospitality Awards het hulle vanjaar meer as 1 000 nominasies in die verskillende kategorieë ontvang.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie