Eichhoff-verhoor uitgestel tot 2022
Eichhoff-verhoor uitgestel tot 2022

Eichhoff-verhoor uitgestel tot 2022

Die moordbeskuldigde mnr. Karl Eichhoff is steeds vry op borgtog en moet eers in Februarie 2022 weer in die hof verskyn.
Kristien Kruger
Kristien Kruger – 'n Inwoner van Okahandja, mnr. Karl Eichhoff (38), wat daarvan beskuldig word dat hy 'n 51-jarige man agt jaar gelede op sy pa se plaas naby Okahandja dood­geskiet het, se verhoor is uitgestel en sal eers in Februarie volgende jaar hervat.

Hy het glo die oorledene, mnr. Axarob Slinger (51), se lyk saam met twee honde wat hy ook doodgeskiet het, op die plaas verbrand.

Eichhoff het aan die begin van sy verhoor, in Junie 2017, onskuldig gepleit op die aanklag van moord en dieremishandeling, maar het op regsverydeling skuld beken.

Hy het in die hof gesê hy het aanvank­lik nie die man gesien toe hy op vier honde begin skiet het nie. Hy het eers toe hy nader kom, die man gesien wat onder 'n bos gelê het.

Volgens Eichhoff was hy angstig en het hy Slinger se liggaam saam met die honde in 'n vlakvarkgat begrawe.

Slinger se liggaam is twee dae later gevind en die nadoodse ondersoek het bevind hy is aan bloedverlies dood. Hy is in sy regterbeen geskiet.

Eichhoff is in hegtenis geneem en borgtog van N$30 000 is aan hom toegestaan.

Mnr. Sarel Maritz verteenwoordig Eichhoff, die staatsaanklaer is Berto­lini Bernadine en die saak verskyn voor landdros Johannes Shuuveni.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!