Eienaar van afspraak-apps gedagvaar
Eienaar van afspraak-apps gedagvaar

Eienaar van afspraak-apps gedagvaar

Die eienaar van die afspraak-app Tinder en OkCupid word deur ’n Amerikaanse reguleerder gedagvaar weens e-posse waarmee moontlike intekenare gelok is deur valse profiele wat voorgee hulle stel belang en wil kennis maak.

Die federale handelskommissie (FTC) in die VSA het Woensdag in 'n verklaring beweer Match Group Inc het bewustelik geoutomatiseerde advertensies deur Match.com gestuur het met aanduidings van belangstelling deur rekenings wat hy geweet het waarskynlik vervals is.

Dié e-posse, wat nie prentjies van die gebruikers ingesluit het nie, het aan diegene wat dit ontvang het, vertel ’n spesifieke profiel stel in hulle belang. Daarop is ’n skakel vir verdere besonderhede verskaf, wat na ’n webwerf vir intekenare lei.

“Die FTC het interne e-posse verdraai en staatgemaak op uitgesoekte data om buitensporige aantygings te maak en ons beoog om onsself met mening te verdedig,” het Match Group in ’n verklaring gesê.

Die FTC voer aan dat sommige gebruikers ingeteken het om die besonderhede van die vervalste profiele te sien.

“Ons glo Match.com het mense bedrieg om geld te betaal om in te teken deur boodskappe wat die maatskappy geweet het van swendelaars af kom,” sê Andrew Smith, direkteur van die FTC se buro vir verbruikersbeskerming.

In sy jongste kwartaalverslag het Match Group aangedui die FTC het verlede maand klagte teen hom na die Amerikaanse departement van justisie verwys het en dat hy glo dit is sonder meriete.

Lees die Match.com se verklaring hier.

Die aandeleprys van Match Group het soveel as 6% gedaal, terwyl dié van InterActiveCorp met byna 4% gedaal het.

Die FTC sê ook dat gebruikers wat oorweeg het om by Match.com in te teken in die algemeen onbewus was dat soveel as 25% tot 30% van intekenare wat hulle daagliks aansluit dit gebruik vir uitvissing (phishing)-slenters en afpersing.

Die kommissie beweer verder dat die maatskappy dit moeilik maak vir gebruikers om hul subskripsie te beëindig. – Reuters/Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!