Eiewaarde is die begin
Eiewaarde is die begin

Eiewaarde is die begin

Francoise Steynberg
Die besef van die waarde en potensiaal van elke individu is ’n noodsaaklike beginpunt om hardnekkige, maatskaplike probleme te takel en die fondament vir opheffing en vooruitgang stewig te anker.
Hierdie besef is die kernwaarde van die nuwe stigting wat die eerste dame, me. Monica Geingos, Saterdag in Windhoek bekend gestel het.
Die 1 Economy Foundation erken voorts dat sukses van die formele en informele ekonomie as ewe belangrike dryfvere vir welvaart en groei onlosmaaklik verbind is.
Vir dié gerekende sakevrou was dit net ’n kwessie van tyd voordat sy só ’n plan sou onthul. Dusver het die eerste dame moeite gedoen om uitdagings op voetsoolvlak te verken. Die stigting is hieruit gebore en die miljoene dollar se ondersteuning wat aangebied is, bewys die geloof dat me. Geingos ’n tasbare en groot verskil kan maak.
Strukture soos ’n land se onderwysstelsel en maat­skaplike veiligheidsnetwerke is instrumenteel om eiewaarde te kweek en potensiaal te ontgin. Die gebreke in hierdie stelsels is egter bekend en weens ander, wydverspreide probleme is dit ’n kil feit dat die vaslegging van eiewaarde en ontginning van potensiaal dikwels nie gebeur nie.
Die selfgenerering van inkomste op grond van gesonde sakebeginsels is ’n reusekrag in hierdie stryd.
Me. Penehupifo Pohamba, ’n verpleegster, het haar merk vir vrouebemagtiging en gesondheid gemaak. Me. Kovambo Nujoma het haar oor wees- en weerlose kinders ontferm.
Die dinamiese me. Geingos kan ’n unieke en selfs groter bydrae lewer.

So sê ander
15 Mei 2016

The Observer view on immigration

Europe, including Britain, is in the eye of a humanitarian and refugee storm the size and scale of which national governments and the EU are only beginning to comprehend.
A fresh, collective and unified approach to migration is urgently need­ed. The idea that this issue is being dealt with, or somehow resolved, is misleading.
The mass migration of people in the age of mass communication is not a passing phenomenon. It has become a permanent, constant fact of modern European life.
If ever there was a challenge that cried out for a common, joined-up continent-wide policy approach, this is it. Europe’s politicians and the EU have no alternative but to begin again, starting from a standpoint that honours rather than besmirches Europe’s post-Enlightenment values.
• THE OBSERVER

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer