Ein prozit, ein proziiiiit - op matigheid voor oë
ONKEL PEET SKRYF:
Namibië se bevolking versuip letterlik in ’n vloed van drank.
In ’n insiggewende verslag op bladsy 14 van Republikein van 29 Mei 2017 ("Drankreuse wil Afrika-dors les", ontleen aan Netwerk24), wys Karen Hofman en Charles Parry op die onafwendbare styging in alkoholverbruik in Afrika met verwante gesondheids- en maatskaplike probleme.
Ongelukkig is geen melding gemaak dat die twee grootste bierbrouerye in die suidelike halfrond in Namibië geleë is nie.
Die Namibiese huishouding word deur middel van reklameveldtogte, tesame met sogenaamde opvoedingsprogramme, oorgehaal om deel te word van die drinkende massas. Aanloklike kompetisies rond die bemarkingstrategieë af.
Charles Parry is die direkteur van die SA Mediese Navorsingsraad se eenheid vir alkohol, tabak en ander dwelms. Hulle dra slegte nuus oor oor lewer- en hartsiektes, sowel as kankersoorte soos bors-, keel- en mondkanker. Daar word ook verwys na die toename in padongelukke, gesinsgeweld en geestesgesondheid.
Terwyl een bierreus oor die draad vanuit die RSA na ons toe oorgeklim het, is sy groter mededinger ’n koloniale erfenis uit Duitsland. Die firma word in 2020 honderd jaar oud. Nog voor die veelbesproke volksmoorde was hierdie Brauerei se voorgangers reeds stewig op Namibiese bodem gewortel.
Die uitmuntendheid van die produk word gewaarborg deur ’n reinheidswet (Reinheitsgebot).
Beteken dit jy kan soveel bier drink soos jy wil, maar dit het geen impak op jou psige nie? Jy bly rein?
Die andersheid wat in jou gemoed opstoot tydens die swelgery, moet jy net wegskater as “Gemütlichkeit” – saligheid – ein Prozit! En as jy jou sit stewig êrens by ‘n sjebien loop sit het, beveel ‘n erfenisliedjie aan: “Lasst doch die Sorge zu Haus!”
Aanranding, moord, verkragting, molestering en geweld zu Hause moet deur ‘n stuk bierbottelglas bekyk word. Als lyk groenerig of bruinerig, maar donker.
Deur sy donkerbril bekyk die pa van die Namibiese huishouding ook die probleem. Maar die repatriasie van kopbene uit Duitsland is volgens sy adviseurs ‘n groter uitdaging.
Mit herzlichen Grüsse bis dann.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie