Einde van die somer piekniek

Jacqueline Louw
Gelukkig is die somer, soos ’n onwelkome gas, nog hier! Dit is steeds warm, maar nie te erg nie, dit is steeds ’n bietjie winderig, maar op ’n goeie manier, meer soos ’n sagte briesie op ’n rolprentstel wat geen ander doel het as om die wolke te herrangskik sodat hul beter in foto’s lyk. Daar is nog somervrugte en almal is nog steeds bruingebrand - die perfekte tyd om in die natuur te ontvlug met ’n mandjie vol heerlike versnaperinge.
Pak lekker toebroodjies soos brötchen met gekrummelde hoenderfilet, bytgrootte groentes met ’n doopsous, drankies en iets vir die soettand in. Net ’n paar uur uit die huis en weg van die alledaagse is genoeg om almal in ’n vakansiestemming te plaas.
Sjef Chantel het haar piekniekresepte vir “spring rolls” en groentestokkies met roomkaas met Kollig gedeel.

Thai beesvleis-spring rolls
Bestanddele
1 fyngesnyde, geroosterde beesvleis­filet
1 eetlepel gemmer, gerasper
1 eetlepel knoffel, gerasper
1 teelepel sitroengras, fyn gesny
¼ rooi ui in dun skyfies gesny
1 wortel, gerasper
125 g kool, fyngesny
120 g preie, in dun skyfies gesny
Sout en peper
4 velle filodeeg
1 eiwit

Maak só:
Braai die gemmer, knoffel, sitroengras, rooi uie, wortels, kool en preie tot sag. Geur met sout en peper en meng goed. Meng die beesvleis met die groente en sit eenkant. Sny die filodeeg in lang repe van omtrent 5 cm breed. Plaas ’n klam lap oor die res van die filodeeg. Neem ’n teelepel van die vleis- en groentemengsel en plaas aan die onderpunt van die deeg. Rol die deeg een keer sodat die vulsel bedek is, verf die kante met geklopte eiwit en vou oor. Rol die deeg tot net voor die einde en verf weer met eiwit om die deeg te seël. Braai in warm olie tot goudbruin en plaas op papierhanddoek om die oortollige olie te absorbeer. Bedien met soet rissiesous.

Roomkaasdoopsous met groentestokkies
Bestanddele:
(bedien 1)
1 selderystokkie
1 komkommerstokkie
1 wortelstokkie
1 klein tamatie in wiggies gesny
1 takkie tiemie
125 ml roomkaas
50 ml room
Sout en peper
1 knoffelhuisie, fyngemaak
2 eetlepels gerasperde Engelse komkommer

Maak só:
Meng die roomkaas, room, sout, peper, knoffel en gerasperde komkommer. Plaas die roomkaasmengsel in ’n glas en rangskik die groente regop daarin. Garneer met ’n takkie tiemie.

Kommentaar

Republikein 2024-09-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: Springboks 48 vs 7 Argentina | New Zealand 33 vs 13 Australia Premier League: Wolves 1 vs 2 Liverpool | Nottingham Forest 0 vs 1 Fulham | Everton 2 vs 1 Crystal Palace | Chelsea 4 vs 2 Brighton | Brentford 1 vs 1 West Ham | Arsenal 4 vs 2 Leicester City | Newcastle 1 vs 1 Manchester City LaLiga: Osasuna 4 vs 2 Barcelona | Real Sociedad 3 vs 0 Valencia | Rayo Vallecano 1 vs 1 Leganés | Getafe 2 vs 0 Deportivo Alaves | Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis SerieA: Bologna 1 vs 1 Atalanta | Genoa 0 vs 3 Juventus | Udinese 2 vs 3 Inter Milan | AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.09 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A