Einde van General Motors in SA nog nader
Hanlie Stadler - Isuzu Motors Suid-Afrika het die jawoord van die Mededingingskommissie gekry om General Motors (GM) se Isuzu-afdeling vir ligte handelsvoertuie te koop.
Die verkryging is vroeër vanjaar aangekondig nadat GM in Mei aangekondig het hy onttrek hom aan Suid-Afrika. Dit was onderhewig aan goedkeuring deur die mededingingsowerheid.
Isuzu se onderdele en halfvervaardigde handelsvoertuie word na Suid-Afrika ingevoer en in die Struandale-aanleg in Port Elizabeth aanmekaargesit.
Die Mededingingskommissie het bevind die transaksie hou nie gevare vir mededinging in nie.
Altesame 927 van die nagenoeg 1 500 GM-werknemers word na Isuzu oorgedra en die res is afgelê.
Op dieselfde dag het die Mededingingskommissie goedgekeur dat Opel Suid-Afrika die regte kry om nog ’n GM-handelsmerk, Chevrolet, se verspreiding en naverkoopdiens van GM oor te neem.
Opel was voorheen in die GM-stal, maar is in Julie vanjaar deur Peugeot oorgekoop.
Vantevore het die Chevrolet-handelsnetwerk Chevrolet-, Saab-, Cadillac- en Hummer-motors in Suid-Afrika verkoop, maar die invoer van motors word op 1 Januarie volgende jaar gestaak. Opel sal die naverkoopdiens en die invoer van onderdele behartig.
Net 18 GM-werknemers word na Opel Suid-Afrika oorgedra. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie