Eindelik ’n Vervoerkommissie
’n Ondersoek na die vorige voorsitter van Vervoerkommissie se kwalifikasie het die werksaamhede sowat sewe maande lank vertraag.
Ronelle Rademeyer – Namibië het vir die eerste keer in maande ’n wetlike, werkende Vervoerkommissie wat na die lisensiëring-, registrasie- en ander behoeftes van operateurs in die vervoerbedryf kan omsien.
Mnr. John Mutorwa, minister van werke en vervoer, het Republikein gister meegedeel die oponthoud met die funksionering van die kommissie wat vroeër ondervind is, is opgelos.
Op 1 September verlede jaar is die aanstelling van die nuwe Vervoerkommissie deur pres. Hage Geingob bekragtig. Die lede was me. Rachel Nathaniel-Koch, voorsitter, adv. James Diedericks, ondervoorsitter, mnr. Joe Shipepe, mnr. Johannes Thikusho en dr. Helvi Petrus.
Dit het egter kort daarna aan die lig gekom dat Nathaniel-Koch nie as regspraktisyn geregistreer is soos die wet vereis nie.
Die Wet op Padverkeer en Vervoer, nr. 22 van 1999, vereis die voorsitter moet ’n toegelate regspraktisyn wees wat vir ten minste vyf jaar gepraktiseer het.
Volgens me. Julia Gibeon, junior regsbeampte by die Prokureursorde (Law Society of Namibia), is Nathaniel-Koch se naam nie op die databasis van toegelate regspraktisyns nie.
Volgens Mutorwa is ’n navraag oor of sy aan die vereistes van die wet voldoen, aan die ministerie van justisie gerig. Daar is bevind sy doen nie, sê hy.
Mutorwa sê intussen is Diedericks as die voorsitter van die Vervoerkommissie aangestel en ’n nuwe lid, me. Yolanda Frieda Itamba, as die ondervoorsitter.
Nathaniel-Koch was jare gelede ’n staatsaanklaer, maar woon reeds etlike jare op Rundu waar sy as apostel van die Enlightened Christian Gathering (ECG) kerkdienste aanbied.
Sy werk nie meer in die regsberoep nie.
Volgens Mutorwa is die nuwe lid van die Vervoerkommissie ook terugwerkend tot 1 September verlede jaar aangestel. Die kommissie se termyn verstryk op 31 Augustus 2025.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie