Eindelik reu00ebn vir dorre Suide
Eindelik reu00ebn vir dorre Suide

Eindelik reën vir dorre Suide

Elvira Hattingh
Die Suide het sedert Donderdag goeie reën ontvang en op sommige plekke was dit die eerste ná vyf jaar of langer se droogte. Sowat 16 mm reën is in die ­Mariental-omgewing gemeet, terwyl dit tot 40 mm naby Helmeringhausen gereën het en plekke in die Keetmanshoop-omgewing soveel as 38 mm reën ontvang het. By die Nautedam is tussen 28 mm en 30 mm reën gemeet, terwyl dit in die wilde perde se gebied by Garub sowat 19 mm gereën het. Nog plekke wat reën ontvang het, sluit in die Gamsberg- (1 mm), Warmbad- (10 mm - 20 mm) en Suid-Namib-gebied (19 mm), Rosh Pinah (20 mm), Grünau (30 mm – 40 mm), Aussenkehr (10 mm), Aroab (15 mm - 40 mm) en Maltahöhe (20 mm). Mnr. Ettienne Rossouw het dié pragfoto van die Duwisebrivier geneem wat vir die tweede keer in die huidige reënseisoen loop ná 19 mm reën ontvang is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 37° Rundu: 22° | 38° Eenhana: 21° | 37° Oshakati: 22° | 34° Ruacana: 19° | 37° Tsumeb: 25° | 37° Otjiwarongo: 21° | 36° Omaruru: 20° | 38° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 18° | 34° Henties Bay: 14° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 21° Rehoboth: 18° | 34° Mariental: 18° | 35° Keetmanshoop: 18° | 35° Aranos: 17° | 35° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 17° | 34° Oranjemund: 14° | 27° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 16° | 32° Lubumbashi: 16° | 33° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 7° | 24° Antananarivo: 17° | 27° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 24° Durban: 14° | 23° Johannesburg: 13° | 27° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 30° Harare: 17° | 23° #REF! #REF!