Eindstryd sal een vir die boeke wees

Nie African Stars óf Unam sal aan motivering te kort skiet nie.
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Die intense drama wat net ’n eindstryd van die Debmarine-beker uitklopreeks kan lewer, begin môre om 16:00 by die Sam Nujoma-stadion in Katutura met die afskop tussen African Stars, Namibiese Premierligakampioen vir 2018, en die hardnekkige buiteperd Unam.

Hierdie liplek-lekker sokkerfees is vir die fynproewer geesdriftiges deur Debmarine bymekaar gebring waar die Clever Boys, die Universiteit van Namibië se sokkerklub, gaan poog om Starlile se planne in die wiele te ry.

Unam kon nog nooit ’n NPL- of ander betekenisvolle sokkertitel wen nie, maar die uitgeslape krygers van hoofafrigter Ronny Kanalelo wil môre vir oulaas weer ’n opskudding lewer en die universiteit se geskiedenisboeke herskryf.

Indien Unam seëvier, sal die sokkerspelers hulle in die uitgelese geselskap van Unam se eerste rugbyspan byvoeg wat sedert 2015 vir drie jaar agtereenvolgens die Namibië Rugbyunie (NRU) se premierliga ingepalm het. Met Johan Diergaardt, die rugbyspan se hoofafrigter, en sy spelers op die pawiljoene om Unam se sokkerspan te ondersteun, kan die Clever Boys se masjienkamer dalk net op ’n paar ekstra silinders vir ’n historiese sege vuur.

Indien Bobby Samaria se African Stars die gesogte trofee inpalm om langs hul NPL-trofee staan te maak, sal hulle breëbors met ’n vet tjek N$500 000 van Debmarine as die onteenseglike voorste klubspan in die land kan pronk.

African Stars en Unam het beide ’n sterk ondersteuningsbasis van geesdriftige aanhangers wat vir ’n lekker atmosfeer kan sorg, terwyl neutrale liefhebbers van die sport ook nie die geleentheid sal wil misloop nie.

Debmarine, wat as hoofborg sy merk die afgelope twee seisoene in sokker gemaak het, is nie net by dié sport betrokke nie, maar ook by plaaslike netbal wat vir etlike jare stief behandel is. Die diamantreus het verlede jaar tot die redding van die Namibiese Sokkervereniging se nasionale bekerreeks gekom deur die kampioenskap vir die eerste keer te borg nadat nie in 2016 aangebied was nie. Die borgskap is vir drie jaar geldig en strek tot ná volgende jaar se kompetisie.

As Debmarine dalk nie sy borgskap met die NFA hernu nie, sal dit gaaf wees indien hy sy belegging elders in sport kan maak. Vele kodes lewer die talent op, maar sukkel om kop bo water te hou en is van gunsies afhanklik om sy atlete vir kompetisies te stuur of byeenkomste aan te bied. Wat ‘n onding van sommige groot borge is, is om miljoene in slegs een sportkode te belê.

So is verlede jaar N$5 miljoen deur ’n bankgroep en N$15 miljoen deur Namibië se grootste selfoonoperateur in die leë koffers van die Namibiese Premierliga vir ’n enkele seisoen gestort. Die bedrae sal vir die volgende vyf jaar van die borgskap selfs vermeerder.

Sonder dié geld was sokker dood en vir bykans twee jaar was daar geen liga-aktiwiteite nie. Is dit nie dalk ietwat wyser vir borge om sy beleggingsportefeulje te vergroot en beter bemarkingswaarde vir sy geld te kry nie? Is een sportsoort werklik só belangrik dat N$20 miljoen daaraan afgestaan moet word? Hoeveel beter sal vyf nasionale sportkodes kan vaar indien elkeen vier miljoen kry?

By die oorhandiging van die borg se spesiale stelle uitrusting vir die finaal aan die spankapteins het Roger Kambatuku, voorsitter van Debmarine-reeks se organiserende komitee, sy indrukke gegee.

“Verlede jaar was dit nie maklik vir die spelers nie, want daar was geen premierliga-wedstryde gespeel nie. Maar ons het onder moeilike omstandighede vasgebyt en is dankbaar dat Debmarine by ons gestaan het. Vanjaar was dit ’n suksesverhaal met die kompetisie wat aansienlik gegroei het.

“Ons het beslis die sport na sy ondersteuners op die platteland geneem waar die uitdunrondes aangebied was. Die gehalte spel wat die spanne opgedis het, is baie hoër as wat ons verlede jaar gesien het. Etlike spelers het in 2017 tydens die kompetisie hul hande opgesteek wat die Brave Warriors by die Afrika-Nasieskampioenskap (CHAN) in Marokko verteenwoordig het,” het Kambatuku gesê.

Verlede jaar se eindstryd is op Gobabis aangebied waar die gasheerklub Young African as die kampioen teen Mighty Gunners van Otjiwarongo bekroon was. Die onervare jong Gobabis-span het vanjaar sy merk in uitgelese geselskap van die NPL gemaak deur vyfde uit 16 spanne te eindig. Voorwaar ’n bewys dat ’n borg se belegging op die regte plek en tyd goeie resultate oplewer.

Die span wat môre as naaswenner na vore tree, sal self met N$250 000 meer in sy bankrekening kan spog.

Die hekke open om 12:00 en eenuur stap die nasionale o.23-span teen ’n span van die Tersiêre Instellings Sportvereniging van Namibië (Tisan) op die veld. Musiekvertonings sal deur Sally Boss Madam en Kalux (NAMA-wenners) gelewer word. Eenhonderd toeskouers sal met ’n geskenkie van Sparky (gelukbringer) verras word. Kaartjies kos N$30 en is by Computicket en Sokkerhuis in Katutura beskikbaar.

Kommentaar

Republikein 2024-09-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla | Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe SerieA: Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Stoke City 1 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 22° | 37° Eenhana: 18° | 38° Oshakati: 18° | 37° Ruacana: 18° | 36° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 15° | 33° Omaruru: 15° | 35° Windhoek: 15° | 31° Gobabis: 12° | 32° Henties Bay: 11° | 21° Wind speed: 18km/h, Wind direction: NW, Low tide: 07:11, High tide: 13:35, Low Tide: 19:41, High tide: 01:54 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:33, Low Tide: 19:39, High tide: 01:52 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:32, Low Tide: 19:39, High tide: 01:51 Rehoboth: 11° | 32° Mariental: 12° | 34° Keetmanshoop: 11° | 31° Aranos: 11° | 33° Lüderitz: 13° | 21° Ariamsvlei: 10° | 30° Oranjemund: 14° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 19° | 35° Mbabane: 8° | 12° Maseru: 4° | 17° Antananarivo: 11° | 32° Lilongwe: 19° | 30° Maputo: 14° | 22° Windhoek: 15° | 31° Cape Town: 11° | 24° Durban: 13° | 18° Johannesburg: 6° | 19° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.41 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14246.86 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 622.23/OZ UP +1.35% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 884.80/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 74.74/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 976.09/OZ DOWN -0.0067 Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla | Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe SerieA: Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Stoke City 1 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 22° | 37° Eenhana: 18° | 38° Oshakati: 18° | 37° Ruacana: 18° | 36° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 15° | 33° Omaruru: 15° | 35° Windhoek: 15° | 31° Gobabis: 12° | 32° Henties Bay: 11° | 21° Wind speed: 18km/h, Wind direction: NW, Low tide: 07:11, High tide: 13:35, Low Tide: 19:41, High tide: 01:54 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:33, Low Tide: 19:39, High tide: 01:52 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:32, Low Tide: 19:39, High tide: 01:51 Rehoboth: 11° | 32° Mariental: 12° | 34° Keetmanshoop: 11° | 31° Aranos: 11° | 33° Lüderitz: 13° | 21° Ariamsvlei: 10° | 30° Oranjemund: 14° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 19° | 35° Mbabane: 8° | 12° Maseru: 4° | 17° Antananarivo: 11° | 32° Lilongwe: 19° | 30° Maputo: 14° | 22° Windhoek: 15° | 31° Cape Town: 11° | 24° Durban: 13° | 18° Johannesburg: 6° | 19° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.41 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14246.86 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 622.23/OZ UP +1.35% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 884.80/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 74.74/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 976.09/OZ DOWN -0.0067