Eintlike doel van matriekafskeid is verlore
Octavia Tsibes
Jare gelede was dit net ’n byeenkoms waar die seuns hul ou pak klere aangetrek het met sommer net ’n nuwe das en waar meisies ’n rok, wat deur hul ma’s ontwerp is, aangetrek het, maar vandag gaan leerlinge uit hul pad om met die volgende outjie mee te ding.
Dit kan wees dat dit dalk baie belangrik vir die meeste van die leerlinge is. “Ek dink die eintlike doel van die byeenkoms is verlore, want baie van ons doen dit om met ander mense te kompeteer. Ons dink nie aan die ongemak wat ons vir onsself veroorsaak nie,” sê Medeline Gases. Sy sê dit is baie belangrik vir haar, maar die aand gaan baie vinnig om en mens voel dit nie.
’n Graad 12-leerling aan die Deutsche Höhere Privatschule (DHPS), Chenjerai Mabhiza, sê hy wonder hoekom die matriekafskeid juis daardie tyd van die jaar gehou word. Meeste van die leerlinge verstaan ook nie meer die doel daarvan nie en dit komplementeer nie die hele idee nie.
“Baie van die leerlinge kry hul klere uit die buiteland, net om die ander te wys hulle kan dit bekostig, maar die groot vraag bly staan: Kán die ouers dit bekostig?” het Gases gesê.
Hierdie tyd van die jaar is baie van die graad 12-leerlinge opgewonde oor die geleentheid. Hoewel die leerlinge opgewonde is oor die groot dag wat hulle wil vier, is die ouers onder druk weens die kostes.
Die kinders bring hul ouers onder die verkeerde indruk en vergeet die belangrikheid of eerder die doel van die matriekafskeid.
Dié soort geleenthede is baie kostelik en ouers is onder die indruk dat dit finansieel nie so duur is nie, dus spaar hulle nie genoeg vir die afskeid nie.
“Die kostes verskil van kind tot kind. Dit hang ook af in watter dorp hulle bly en by watter skool hulle is,” sê me. Hilaria Graig, bemarking- en kommunikasiebestuurder by Sanlam.
“Ons moet 'n kultuur van spaarsamigheid ontwikkel en met die koste van die matriekafskeid, wat soveel as N$10 000 of meer kos, is 'n effektetrust die beste opsie as jy wil spaar.
“Effektetrusts is professioneelbestuurde kollektiewe beleggingskemas waar beleggers hul geld saamsit.
Die opgehoopte geld word dan in 'n portefeulje bates (aandele, effekte, rekeninge, ens.) belê. Die individuele beleggers verdien volgens hul belegging as die waarde van die onderliggende bates toeneem,” sê Graig.
Besparing met 'n effektetrust het die volgende voordele: Risiko's word met die nodige diversifikasie verminder, en ’n effektetrust is een van die mees bekostigbare maniere om te belê. Effektetrusts het geen insluiting nie en jy kan enige tyd geld byvoeg.
“Wat ook al jou begroting vir jou kind se matriekafskeid is, twee dinge is duidelik: Eerstens is besparing 'n moet. 'n Mens moet dit vermy om 'n lening aan te gaan om hierdie uitgawes te dek, aangesien dit op die lang termyn druk op jou finansies sal plaas. Tweedens moet jy vooraf vir jou kind se matriekafskeid spaar. Die beste ding om te doen is om 'n doel te stel van hoeveel jy wil spaar, en om jouself dan genoeg tyd te gee om (twee tot drie jaar) te werk om daardie doel te bereik.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie