Eis van N$900 000 teen polisie misluk
Eis van N$900 000 teen polisie misluk

Eis van N$900 000 teen polisie misluk

Hoërhofregter Collins Parker het op 23 November die regsgeding van die hand gewys wat mnr. Ebson Katire teen drie polisielede aanhangig gemaak het.
Yandi Du Plessis
Jana-Mari Smith

‘n Siviele geding wat teen drie polisiebeamptes en hul werkgewers aanhangig gemaak is vir ‘n beweerde aanranding in 2019 – waartydens ‘n man se skouer ontwrig is en hy ontlas het – was onsuksesvol.

Hoërhofregter Collins Parker het op 23 November die regsgeding wat mnr. Ebson Katire aanhangig gemaak het van die hand gewys. Katire het N$900 000 in skadevergoeding geëis, omdat hy na bewering fisieke en geestelike beserings opgedoen het terwyl hy op 11 September 2019 by Okandjatu aangehou is.

Parker het gesê die hof is nie oortuig daar is enige bewyse van die aanranding nie. Hy het bygevoeg Katire se enigste getuie, wat op die betrokke dag saam met hom was, kon nie die aanranding verifieer nie.

Hy het gesê die eiser se bewyse van die beweerde aanranding was “onbetroubaar en onvoldoende”.

Die regter het verder daarop gewys Katire het “vyf dae lank gewag voordat hy mediese hulp gesoek het vir dít wat hy as ’n ernstige aanranding beskryf het”.

Hy het voorts gesê die mediese verslag wat by in die hof ingedien is, het die hof nie gehelp om vas te stel of die beserings die gevolg was van die aanranding wat na bewering vyf dae tevore plaasgevind het nie.

Die regter het Katire se eis van die hand gewys met geen kostebevel aan die partye nie.

ONSUKSESVOL

Katire het in Februarie 2020 die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, die inspekteur-generaal en drie polisiebeamptes gedagvaar vir die beweerde aanranding wat op 11 September 2019 by die Okandjatu-polisiekantoor plaasgevind het.

Hy het vertel hy is in hegtenis geneem, geboei en na die polisiekantoor geneem. Daar – beweer hy – het “drie polisiebeamptes met stewels (aan) my oor my hele lyf begin skop, my geslaan, my met hul hande geslaan en my geboeide arms gedraai”.

Hy het verder beweer die “wrede aanranding het vir meer as ‘n uur geduur” totdat hy onwillekeurig ontlas het.

Katire het gesê hy is vir meer as 24 uur aangehou en uiteindelik vrygelaat sonder om aangekla te word.

Die polisie het erken Katire is in hegtenis geneem, maar het opgemerk hy was bekend vir sy “neiging tot aggressiewe en vulgêre gedrag wanneer hy onder die invloed van alkohol was”.

Hulle het verder aangevoer Katire was “duidelik dronk en onregeerbaar” en is in hegtenis geneem om nugter te word.

Die polisie het tydens die verhoor aangevoer hy is geboei, omdat hy “’n vlugrisiko was, en daarbenewens moes hulle hul gesag as polisiebeamptes uitoefen om die eiser se bewegingsvryheid te beperk nadat hy versuim het om hom aan aanhouding te onderwerp en hom teen arrestasie verset het”.

Tydens die verhoor het die polisie die aantygings van aanranding ontken en gesê Katire het nie enige beserings opgedoen terwyl hy in aanhouding was nie. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!