Eise teen 'n boedel
Regsake vir boere
Vandag behandel ek eise teen die boedel. Dit is belangrik om te weet watter eise deur ‘n boedel betaal moet word, aangesien dit ‘n effek op die kontant posisie van die boedel het. Natuurlik sal dit ook ‘n effek hê op die bedrag wat die erfgename sal erf.
Onmiddelik nadat die eksekuteur die eksekuteursbrief ontvang het, plaas hy of sy ‘n advertensie in ‘n dagblad en in die Staatskoerant. In die advertensie word die publiek in kennis gestel van die afsterwe van die oorledene en wie die eksekuteur van die boedel is. Die beredderaar nooi ook die debiteure en krediteure van die boedel uit om hulle eise in te dien binne 30 dae vanaf die datum van die kennisgewing.
Die eise wat ek hier bespree,k is nie die enigste eise wat daar kan wees nie. Ek bespreek net van die algemeenste eise en van die grootste eise teen ‘n boedel.
1. Die Ontvanger van Inkomste
Inkomstebelasting word tot op datum van dood betaal. Uitstaande inkomstebelasting-opgawes wat nog nie ingedien is nie, word deur beredderaar opgestel en by die Ontvanger ingedien. Enige uitstaande of agterstallige belasting is ‘n eis teen die boedel. BTW is betaalbaar deur die boedel. Die beredderaar hou aan om BTW-opgawes by die Ontvanger in te dien, ná die datum van afsterwe tot en met die oordrag van die plaas aan die erfgenaam of koper.
2. Grondbelasting
Grondbelasting bly verskuldig aan die Staat tot oordrag van die plaas aan ‘n volgende eienaar. Sommige boere se grondbelasting is agterstallig en die agterstallige grondbelasting is ‘n eis teen die boedel.
3. Mediese koste
Indien die boer vir ‘n tyd voor sy dood siek was, is dit moontlik dat daar mediese eise is wat deur die boedel betaal sal moet word.
4. Plaaswerkers se diensbeëindiging
Al die plaaswerkers op die plaas moet diensbeëindigingspakette ontvang. Soms is daar ‘n groot aantal plaaswerkers op die plaas, of werkers wat baie jare vir die boer gewerk het. Dit kan lei tot ‘n aansienlike eis teen die boedel. Die werkers word skriftelik in kennis gestel van diensbeëindiging deur die beredderaar en hulle pakette is natuurlik ‘n eis teen die boedel.
5. Verbande oor vaste eiendom
Baie plaasgrond is beswaar met verbande, hetsy ten gunste van die landbank of ten gunste van die plaaslike handelsbanke. Soms is daar wel lewensversekering wat die verbandskuld dek, maar dit kan ook gebeur dat daar nie lewensversekering is nie. In laasgenoemde geval is die verbandskuld ook ‘n eis teen die boedel. Ek wil ook net noem dat indien die lewenspolis groter as die verband skuld is, word die verband afgelos en die balans word dan aan die boedel betaal.
6. Eise van minderjarige kinders en vorige eggenote
Die oorledene het ‘n onderhoudsplig teenoor sy minderjarige kinders. Indien die testament nie voorsiening maak vir die versorging van die minderjarige kinders nie, kan die voog van die minderjarige ‘n eis teen die boedel instel vir die kind se onderhoud tot meerderjarigheid. So ‘n eis word soms deur ‘n aktuaris bereken. ‘n Vorige eggenoot teenoor wie die oorledene ‘n onderhoudsplig het, kan ‘n eis teen die boedel instel vir onderhoud. Hierdie eis word ook deur ‘n aktuaris bereken.
7. Boedel se administrasiekoste
Die administrasiekoste behels hoofsaaklik die Eksekuteursfooi, die Meestersfooie, die koste van die waardeerders wat die bates waardeer en die advertensiekoste van die twee advertensies wat volgens wet geplaas moet word in ‘n dagblad en in die Staatskoerant.
Indien die laste van die boedel meer is as die kontant in die boedel, mag die eksekuteur van die bates verkoop om geld te kry om al die eise teen die boedel te vereffen.
8. Uitstaande skuld van die oorledene
Alle rekening van die oorledene wat met sy dood nog nie betaal is nie, is ook eise teen die boedel.
Die leser kan dus sien dat dit belangrik is om jou skuld onder beheer te kry, aangesien dit ‘n groot invloed op jou boedel kan hê indien daar baie skuld is wat deur die boedel vereffen moet word. Ek wil ook waarsku dat indien die oorledene se belasting by die Ontvanger agterstallig is, kan dit tot ‘n vertraging in die beredderingsproses en die afhandeling van die boedel lei.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie