Eissaak teen Duitsland hervat in New York
‘n Voorverhoor in die groepeis-saak wat deur verteenwoordigers van die Herero’s en Namas in die federale hof in New York teen Duitsland ingedien is, vind om 18:00 Namibiese tyd vandag voor regter Laura Taylor Swain plaas.
Dit is dan 11:00 in New York.
Adv. Vekuii Rukoro, opperhoof van die Herero, die Vereniging vir Tradisionele Nama-owerhede en die Vereniging vir die Ovaherero-volksmoord eis skadevergoeding van Duitsland en vra ook dat hulle as verteenwoordigers in die onderhandelinge tussen Duitsland en Namibië ingesluit word.
Susan Hynes van die firma McCallion & Associates, wat vir die eisers optree, sê in ’n verklaring ’n afvaardiging van sowat 50 mense is in New York om die hofverrigtinge by te woon.
Buiten vir onderhoude met die media voor die hofgebou, sal geen nuuskonferensie gehou word nie, sê sy.
Verteenwoordigers van Duitsland sal ook vir die eerste keer by die verhoor teenwoordig wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie