Ek gee rêrig nie om nie . . .
Ek is besig om een van die lekkerste boeke ooit te lees – The Subtle Art of Not Giving a F*ck, van Mark Manson.
Ek is nou eers op bladsy twee, maar sover is dit rêrig lekker.
Dit gaan basies daaroor dat ons heeltemal te veel met simpel goed gepla is. Ons kan mos kies waaroor ons wil worry en ontsteld raak, en die meeste mense raak nogal hewig ontsteld oor simpel klein goedjies. Jy maak jouself net moeg, tannie, rêrig.
Ek en Spruit het onlangs ’n gesprek oor die goed wat ons nié pla nie, eerder as die goed wat ons pla. Probeer dit – dis nogal ’n lekker gesprek om met ’n tiener, of eintlik enigiemand, te hê.
Ek gee nie rêrig om of jy met jou voete op my banke sit nie – dis die honde se banke in elk geval.
Ek gee nie om of Spruit vloek nie, solank sy ook asseblief en dankie kan sê. Ek gee ook nie om of sy eendag pers hare en 50 tatoes het nie, of wat haar seksuele oriëntasie of godsdiens is nie – solank sy gelukkig is, haar werk geniet en niemand seermaak nie.
Dit pla my minder as niks om uit gechipte borde te eet wat ek by Pep Stores op ’n sale gekoop het, of om uit bekers sonder ore te drink, en ek gee ook nie om of jy tamatiesous en mayonnaise oor alles gooi nie. Regtig, ek het nie ’n saak nie.
Dit pla my glad nie as jy op pad lughawe toe op my gat ry nie. Ek sal nié die spoedgrens oorskry nie, dis ’n no brainer, spoed maak dood, sit maar lekker op my gat.
Ek gee ook nie ’n moer om of jy dink ek piep Spruit op/laat te veel toe/deel te veel met haar nie – worry jy maar liewer oor jou verhouding met jou eie brats, dan worry ek oor myne.
Ek gee regtig nie om of jy jou tamaties in skywe of blokkies sny nie, en of die matte in jou huis mense laat opgooi en of jou kar vol hondehare is nie.
Ek gee ook maar min om wat mense van my dink – om die waarheid te sê, net drie mense in my lewe se menings oor my maak régtig vir my saak, en twee van hulle is honde.
Spruit sê sy gee nie om as mense dink sy is iemand wat sy nie is nie, want hulle ken haar dan obviously nie. Sy dink in elk geval mense wat aannames oor ander mense maak, is in die eerste plek nie die skerpste potlode in die pakkie nie, en sy wil nie rêrig met stomp potloodjies maatjies wees nie.
Spruit gee ook nie om wat mense van ander mense sê nie – sy sê sy sal self besluit wat sy van iemand dink, maak nie saak wat jy van hulle sê nie.
Dit pla haar glad nie as mense vir hul eie grappies lag nie – sy doen dit ook, sê sy. Ander mense se godsdiens pla haar ook nie, solank hulle dit nie in haar keel afdruk nie.
Sy gee ook nie om as mense se banke geskeur is, soos ons s’n, of hulle koffietafel al 50 verskillende kleure gespuit is nie, soos ons s’n nie.
Wat haar verál nie pla nie, is as mense van pynappel op hulle pizza hou, en kraanwater bo mineraalwater verkies.
Water. Eend. Rug.
Wat ons al twee wél pla, is rassisme, seksisme, homofobie, kindermishandeling en dieremishandeling. Móénie op jou hond skree nie, en moenie jou honde en kinders pak gee nie – hulle’s ook mense, man.
En daar’s genoeg van al hierdie goed op die planeet om permanent oor iets gepla te wees.
Moet dus nie worry oor die simpel klein goedjies, soos of jy mooi genoeg skryf, of Juffrou oor die Tippex in jou boek gaan teem, en of die kleur van jou toonnaels by die patrone op jou bloesie pas nie, regtig, maats.
Tyd is min. En geld vir kopseerpille nog minder.
As jy die simpel goed ignoreer, sal jy beslis met meer woema elke dag opstaan.
Porbeer dit net: Water. Eend. Rug.
Dis ’n kuns.
En dis lekker.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie