'Ek het dit nie gedoen', su00ea Lichtenstrasser by hof
'Ek het dit nie gedoen', su00ea Lichtenstrasser by hof

'Ek het dit nie gedoen', sê Lichtenstrasser by hof

Leandrea Louw
Leandrea Louw op Swakopmund - Die 57-jarige dosent van die Instituut vir Mynbou en Tegnologie (Nimt) wat vanoggend vir die moorde op dié instelling se hoof en adjunkhoof, mnre. Eckhart Meuller en Heimo Hellwig, in die landdroshof op Swakopmund verskyn het, ontken hy het dit gedoen.
"Ek het dit nie gedoen nie. Hulle het die verkeede ou. Volg die afgtergrond van die saak op," het hy gesê toe hy onder polisiebewaking by die hof aangekom het.
Lichtenstrasser was die afgelope drie weke in aanhouding op 'n klag wat verband hou met die besit van 'n vuurwapen. Hy is egter eers vandeesweek na bewering met die moorde ook verbind. Mueller en Hellwig is vroeg die oggend van 15 April op die Arandis-kampus van Nimt doodgeskiet.
Die staatsaanklaer, me. Maria Shilongo, het borgtog teengestaan en landdros Nelao Brown het die saak tot 24 Julie vir verdere ondersoek uitgestel.
Hy is nie gevra om te pleit nie.


Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!