Ek het hoop vir Rehoboth, sê Ellen Pakkies
Denver Kisting op Rehoboth – Kort nadat sy die tou stywer om haar 21-jarige seun se nek getrek het, het sy by God om vergifnis gepleit en “so lig soos ’n veer” gevoel.
Só vertel die Kapenaar me. Ellen Pakkies (58) gistermiddag op Rehoboth dapper oor haar seun Abie wie se dood sy in 2007 veroorsaak het.
Op dié dag het sy geknak.
Abie se jare lange dwelmmisbruik en die impak daarvan op sy gesin het finaal sy tol op veral sy ma geëis.
Omdat sy toe op daardie spesifieke oomblik so kalm was, kon sy doen wat sy moes en het sy haarself aan die polisie oorhandig.
Pakkies het destyds ’n opgeskorte vonnis vir die moord op haar dwelmslaafseun gekry.
Sedertdien verkondig sy haar boodskap van hoop op verhoë in kerke, by skole en in die gemeenskap wat steeds gebuk onder die gruwel van dwelms gaan.
Sy het 32 jaar lank gebid dat God haar “tong moet losmaak” om mense te inspireer en na verskillende plekke te neem.
Dit is juis hoe sy in Namibië beland het. Pakkies is tans op Rehoboth om met jongelinge en hul ouers op die Hardapdorpie te praat oor die ellende wat dwelmmisbruik bring. “Dit breek my hart.”
Republikein het haar gistermiddag by die kantoor van ’n plaaslike radiostasie vir ’n onderhoud ontmoet.
Kort voor die gesprek het ds. Severius Majiedt, een van die organiseerders van Pakkies se besoek, streng gemaan dit moet asseblief kort wees.
Pakkies is moeg en al van douvoordag af aan die gang. Ons belowe hand en tand om ons bes te probeer om bondig te bly.
Sy sukkel met haar gesondheid en hulle moes haar al dokter toe neem sedert sy Woensdag aangekom het.
Daar is egter geen teken van moegheid of ergernis toe sy die vertrek binnekom nie.
Sy deins nie terug vir moeilike vrae nie en beantwoord elkeen eerlik en opreg.
Op ’n vraag of sy self met dwelms as ’n jongeling geëksperimenteer het, sê sy: “Ek het nie net geëksperimenteer nie; ek het dit sommer geroek.”
Die ouma van 15 kleinkinders vertel haar ander seun, Rudolph, is steeds in die kloue van dwelms vasgevang.
Een kleinkind het reeds in bendegeweld op die Kaapse Vlakte gesneuwel, vertel sy.
Sy is dankbaar vir Colin, haar derde seun, wat nie meer aan dwelms verslaaf is nie. Hy het daardie stryd oorwin, slaak sy ’n sug van verligting.
Pakkies sê ouers moet waak teen hul taalgebruik wanneer hulle met hul kinders kommunikeer.
Volgens die tenger vrou van die Kaapse vlakte is dit belangrik dat ouers lewe oor hul kinders uitspreek.
Die teendeel is gereeld die werklikheid, sê sy.
“Dikwels sê ons: ‘Ag, die ding is lui.’”
Sy sê sy het self in ’n liefdelose huis grootgeword. Hoewel haar ma fisiek teenwoordig was, was sy nie emosioneel daar vir haar nie. “Ek is halfpad weggegooi,” onthou sy.
Baie jongelinge beland in die maalkolk van dwelms weens ’n gebrek aan liefde, sê sy.
Sy sê sy was al op moedverloor se vlakte en het selfs selfdood probeer.
Haar geloof help haar om staande te bly. God is haar inspirasie, sê sy.
Pakkies sê sy besoek nooit haar seun se graf nie, omdat sy deurgaans sy teenwoordigheid tuis voel. Sy weet dit klink dalk snaaks, maar sy ervaar hom deurlopend tuis, sê sy.
Haar ervaring die afgelope dag en ’n half is dat daar lig is aan die einde van Rehoboth se dwelmtonnel is, sê sy.
“Ek het hoop vir die dorpie.”
Hoewel dit nie sonder uitdagings is gaan nie, glo sy steeds in die huwelik as ’n veilige hawe vir mans en vroue, sê sy.
Huwelike ly dikwels skipbreuk weens ’n gebrek aan vergifnis. Egbreuk is, byvoorbeeld, ’n struikelblok wat met vergifnis suksesvol gepak kan word, sê sy.
Mans, veral, het ’n behoefte daaraan om gehoor te woord, sê Pakkies.
’n Gelyknamige fliek, Die storie van Ellen Pakkies, was verlede jaar ’n wegholsukes. Pakkies se rol is deur Jill Levenberg vertolk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie