‘Ek het nie verwag Chani sal wen’
Ronelle Rademeyer - Natasha Rabe van Windhoek sê toe haar beeldskone dogter, Chanique (Chani) Rabe, Saterdagaand deurdring tot die top-25 by die kroning van Mej. Supranasionaal in Pole, was sy gelukkig en het sy gedink dit is goed genoeg.
“Ek het nie verwag sy sou wen nie. Selfs toe dit net sy en Puerto Rico se Karla Guilfu Acevedo oor was, het ek nog gedink Puerto Rico gaan wen,” het Natasha Sondag uit Nowy Sacz aan Republikein gesê.
Die jong Rabe is in 2020 as Mej. Supranasionaal Namibië gekroon, maar moes tot vanjaar wag om in Pole te gaan meeding omdat die kompetisie verlede jaar weens die pandemie nie plaasgevind het nie.
In 2019, toe Anntonia Porsild van Thailand as Mej. Supranasionaal gekroon is, het Namibië se Yanna Haenisch tweede gekom.
Natasha sê Porsild los “groot skoene vir Chani om vol te staan”.
Sy was Sondag reeds met haar eerste verpligtinge in dié verband besig toe sy as een van die beoordelaars in die Mnr. Supranasionaal-kompetisie opgetree het.
“Skoonheid is nie die belangrikste in so kompetisie nie; hulle kyk baie dieper as dit. Dit is soos om vir ’n werk aansoek te doen. Hulle kyk of jy die regte mens daarvoor is en wat jy kan bied,” vertel Natasha.
“Chani glo daarin om absoluut haarself te wees nie voor te gegee om iets of iemand te wees wat sy nie is nie.”
Natasha sê die organiseerders kom binnekort na Namibië om Rabe hier met haar projekte te help.
Haar ma vertel sy het aan die begin van die Covid-grendeltyd naaldwerkklasse by Hope Village aangebied en vroue geleer om maskers te maak.
Sy het later ook ’n naaldwerkskool in die Zambezistreek geopen en self die leerplan geskryf. Meisies word daar in naaldwerkvaardighede opgelei sodat hulle weer vir ander naaldwerklasse kan aanbied.
“Chani glo daarin om vaardighede oor te dra en mense so te bemagtig,” sê sy.
Ma en dogter het Saterdagnag eers omtrent drie ure ná die kroning kans gekry om mekaar te omhels en van blydskap saam te huil oor dié groot prestasie aangesien sy eers onderhoude moes toestaan.
Sy sê haar man, Peri, wou kleintyd nie hê hulle dogter moes aan skoonheidskompetisies deelneem nie. “Hy het gesê ‘oor my dooie liggaam’,” vertel Natasha.
Sy sê later jare het hulle besef dit skep ’n platform van waar sy ’n verskil kan maak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie