'Ek is nou die sondaar van krieket gemaak'
'Ek is nou die sondaar van krieket gemaak'

'Ek is nou die sondaar van krieket gemaak'

Krieket
Tielman van Lill
Faf du Plessis glo die Internasio­nale Krieketraad (IKR) het ''n “sondaar” van hom probeer maak en ontken dat hy enigiets verkeerd gedoen het nadat dié beheerliggaam hom aan balpeutery skuldig bevind het.

“Ek stem glad nie saam met die uitspraak nie,” het ''n kalm Du Plessis gister op die vooraand van die derde toets teen Australië op ''n media­konferensie gesê.

Die waarnemende Suid-Afrikaanse kaptein is met sy volle wedstrydgeld en drie strafpunte beboet nadat die IKR Dinsdag bevind het dat hy die toestand van die bal op ''n onwettige manier verander het deur sy spoeg met ''n kunsmatige middel (''n suiglekker) te dokter.

“Ek voel ek het niks verkeerd gedoen nie. Dis nie asof ek probeer verneuk het nie. Al wat ek gedoen het, was om die bal blink te vryf. Dis iets wat alle krieketspelers doen. Ons monde is altyd vol suiker (weens energiedrankies, kougom of lekkertjies). Ek dink hierdie is ''n grys gebied in krieket se reëls. Al wat ek vra, is dat almal op die dieselfde wyse behandel word,” het Du Plessis gesê.

“Duidelik het die IKR standpunt teen my ingeneem, en waarskynlik van my ''n sondaar probeer maak, maar al waarvoor ''n mens kan vra, is dat almal oor dieselfde kam geskeer word,” het Du Plessis volgehou.

Haroon Lorgat, uitvoerende hoof van Krieket Suid-Afrika, het langs Du Plessis by die mediakonferensie gesit en gesê dat hy die nasionale kaptein gevra het om voorlopig nie appèl teen sy skuldigbevinding aan te teken nie.

“Ons wil eers hierdie saak met die IKR opneem. Daar heers ''n groot akademiese­ debat oor dié kwessie. Ek is persoonlik bewus van hoe algemeen dit (waaraan Du Plessis skuldig bevind is) voorkom. Ek word die heeltyd van sulke dinge vertel,” het Lorgat, ''n voormalige uitvoerende hoof van dié liggaam, gesê.

Volgens Du Plessis is dit ''n groot jammerte dat sy span se klinkende reeksoorwinning nou deur die hele balpeutery-debakel oorskadu is.

“Ons het rêrig goed gespeel en die reeks oorheers. Nou is die glans van dié oorwinning weggeneem. Jammer vir die woordspeling,” het Du Plessis met ''n wrang glimlag en tot groot vermaak van joernaliste gesê.

Die Suid-Afrikaanse kaptein het gister ook vanuit ''n onverwagte oord ondersteuning gekry. Die Australiese kaptein, Steve Smith, het ná Du Plessis se mediakonferensie gesê sy span het nooit oor die SA kaptein se optrede gekla nie.

“Ek het Faf se uitsprake in die mediakonferensie­ gelees. Ons en elke ander span in die wêreld vryf die bal op dieselfde wyse blink,” het hy gesê.

Du Plessis het ook gister kommentaar gelewer op die voorval by die lughawe vroeër in die week waar ''n opdringerige­ TV-joernalis wat reaksie wou kry by Du Plessis oor die balpeutery-­kwessie,­ hardhandig deur die Proteas se sekerheidsbeampte­ behandel is.

“Wat by die lughawe gebeur het, was baie teleurstellend. Ek kan nie kommentaar­ lewer oor die aangeleentheid­ voordat die verhoor nie plaasgevind het nie.

“Ek het tog die gevoel gekry dat die media kwaad probeer stook het,” het Du Plessis gesê.

Die derde toets begin vandag 05:30 (SA tyd). Dit sal die eerste keer wees wat die Proteas in ''n middagaand-toets met ''n pienk bal speel.- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!