Ek is reg vir 2019
Die afgelope week braak mense byvoorbaat in die sosiale media gal oor hoe gatvol hulle nóú al is vir plasings oor Nuwejaarsvoornemens.
Dit is reeds en steeds stokou nuus dat daar dikwels van dié eerbare planne om ons lywe, geldsake en verhoudings reg te ruk en op te skerp, dadels kom.
Ons dikgevrete Kerskoslywe, uitgeteerde beursies en ongeëwenaarde Nuwejaarsbabelas verskaf klokslag op die eerste dag of twee van 'n nuwe jaar inspirasie vir bestekopname, introspeksie en onhaalbare voornemens.
Die afskop van 'n nuwe kalenderjaar, reken ons, gee ons 'n kans om van die vorige jaar se k*k te vergeet en op 'n blinknuwe bladsy as 't ware oor te begin.
Ek kan my indink dat Virgin Active reeds uit húl plat mae lag oor almal wat volgende week, net voor die laaste sente die bank verlaat, by die gym gaan aansluit.
Ek dink hulle gee nie om dat hulle die ganse Janu-worry vir lief sal moet neem met 'n gym propvol vet en arm mense nie.
Want, weet hulle, teen Februarie 2019, wat ná Januarie se drie maande uiteindelik sál aanbreek, is al wat 'n Nuwejaarsvoorneme, insluitend dié wat met fisieke fiksheid verband hou, vergete.
Kniediep in die asblik van herinneringe van 'n jaar wat kwalik begin het.
Daarná kan diegene, wat ernstig is oor hul gesondheidsreis, in rus en vrede met genoeg ruimte hul ding in die gym gaan doen, weet Virgin se mense. Nou reeds.
En hulle giggel steeds soos 'n skynmaagd al die pad bank toe soos die debietorders getrou maandeliks hul weg gym toe vind sans die arm, vet mense.
Maar nou het ek weer eens 'n ellelange konteks geskets en die pad lelik byster geraak.
En dít is hoeka se dag een van mý voornemens.
Maandagoggend sit en neem ek en Karin 2018 in oënskou met 'n hemelhoë uitsig oor die hoofstad wat die tafel perfek vir dié doel dek.
En ons praat, onder meer, oor hoe ons té veel praat.
Oor hoe ons van kontekste hou.
Oor hoe ons dink ons moet die tafel uitgebreid en volledig dek voor ons by die punt kom.
Ons woordverslawing regverdig dat die storie agter die storie agter die storie eers in die allerfynste besonderhede vertel moet word voor die eintlike storie gedeel word.
Sy stel voor in 2019 kry ons 'n uurglas om bondigheid te help teweegbring. Wanneer jy nie jou verhaal klaar vertel gekry het teen die tyd wat die uurglas leegloop nie, het jy jou beurt verbeur en is dit die ander een se beurt om te vertel.
Bef*kte idee, reken ek.
Die, uhm, tyd sal leer tot watter mate ons in daardie doelwit slaag.
Baie, té veel, eiers is al oor 2018 gelê.
Elkeen van ons het ons weergawes van hoe die jaar was.
Ongetoetste hipoteses en teorieë, eintlik maar net oningeligte menings, word as die evangelie verkondig.
Maar ek dink daar is redelike konsensus dat dié jaar, goddank nou in sy doodsnikke, ons wel na ons verdienste gestraf het en nie van die bose gees verlos het nie.
My mond water al baie lank om dit te verklaar, en oor vier slapies, sal ek hopelik dié geleentheid kry: As ek daardie oggend wakker word en dis 1 Januarie 2019 beteken dit ek het hierdie rowwe rit oorleef en niks sal my ooit weer onderkry nie. Dapper, ek weet.
Juis omdat dit nie maklik was nie, was dit die moeite werd.
En, belangriker, dit het ons met vaardighede toegerus om die volgende ronde moedig aan te pak.
Ek weet nie van julle nie, maar ek is reg vir 2019.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie