Ek sal dieselfde Warren bly, su00ea nuwe voor-Bok
Ek sal dieselfde Warren bly, su00ea nuwe voor-Bok

Ek sal dieselfde Warren bly, sê nuwe voor-Bok

Vier oorsese spelers is vir Springbok-diens nader geroep.
Christo Buchner - Om die nuwe Springbok-kaptein te wees, is nie iets wat vrees by Warren Whiteley inboesem nie.

Trouens, die vooruitsig om sy land op die veld te lei, is iets wat hom baie opgewonde maak.

“Kapteinskap het my nog nooit bang gemaak nie,” het die nuwe Bok-kaptein gister gesê.

“Ek sal beslis ook nie toelaat dat die kapteinskap van die Springbokke my as mens laat verander nie. Ek wil net myself bly,” sê hy.

Die 29-jarige Whiteley is gister in Johannesburg aangewys as leier van die 31 mans wat Frankryk aanstaande maand in 'n reeks van drie toetse gaan pak. Hy is een van nege Leeus in 'n groep wat ook sewe Stormers-spelers, vyf Bulle, vier Haaie en twee Cheetahs insluit.

Hy is die 58ste Springbok-kaptein.

Whiteley sê hy het niks daarvan gedink toe die Bok-afrigter, Allister Coetzee, hom Maandagaand ingeroep het vir 'n individuele gesprek nie.

“Ek het regtig nie verwag dat hy sou sê ek is sy nuwe kaptein nie. Ek was uit die veld geslaan.

“Dit was 'n wonderlike verrassing,” glimlag Whiteley.

Hy is nie die enigste speler van die Leeus wat beloon is vir sy uithaler-vertonings in die laaste paar seisoene se Superrugby-reeks nie.

Andries Coetzee, Ross Cronjé, Courtnall Skosan en Ruan Dreyer het ook die eerste keer die groep gehaal.

Lukhanyo Am (Haaie), Dillyn Leyds (Stormers), Raymond Rhule (Cheetahs) en Lizo Gqoboka (Bulle) is die ander spelers sonder toetservaring in die groep.

Die oorsese spelers wat Coetzee nader getrek het vir die reeks, is Duane Vermeulen (Toulon), Frans Steyn (Montpellier), Steven Kitshoff (Bordeaux) en Francois Hougaard (Worcester Warriors).

Die Springbok-groep is:

Voorspelers (in alfabetiese volgorde): Lood de Jager (slot), Pieter-Steph du Toit (slot), Ruan Dreyer (stut), Eben Etzebeth (slot), Steven Kitshoff (stut), Siya Kolisi (flank), Jaco Kriel (flank), Frans Malherbe (stut), Malcolm Marx (haker), Bongi Mbonambi (haker), Oupa Mohoje (losvoorspeler), Franco Mostert (slot), Tendai Mtawarira (stut), Lizo Gqoboka (stut), Coenie Oosthuizen (stut), Chiliboy Ralepelle (haker), Duane Vermeulen (losvoorspeler), Warren Whiteley (agtsteman, kaptein).

Agterspelers: Lukhanyo Am (senter), Andries Coetzee (heelagter), Ross Cronjé (skrumskakel), Damian de Allende (senter), Francois Hougaard (skrumskakel), Elton Jantjies (losskakel), Jesse Kriel (senter), Dillyn Leyds (veelsydige agterspeler), Rudy Paige (skrumskakel), Raymond Rhule (vleuel), Jan Serfontein (senter), Courtnall Skosan (vleuel), Frans Steyn (losskakel/senter).



G'N PLEK VIR COMBRINCK

Ruan Combrinck, Trevor Nyakane, Juan de Jongh en Lionel Mapoe is uit die Springbokgroep vir die toetsreeks teen Frankryk weggelaat en sal hul nou hul staal vir die SA A-span in 'n reeks teen die Franse Barbarians moet toon.

Al vier dié spelers is verlede jaar deur Allister Coetzee ingespan.

Die losvoorspelers Uzair Cassiem en Jean-Luc du Preez, wat ook einde verlede jaar hul Bok-debuut gemaak het, sal ook vir die A-span uitdraf.

Suid-Afrika se naasbestes sal volgende maand teen die Franse besoekers in Durban en Soweto speel.

Afgesien van die vier Springbokke, is verskeie jong en opwindende spelers deel van die groep van 26 spelers.

Die span sal weer deur Johan Ackermann van die Leeus gebrei word.

Combrinck, wat onlangs van 'n besering herstel het, vorm deel van 'n opwindende agterlyn saam met onder andere Francois Venter van die Cheetahs, Makazole Mapimpi en Lionel Cronje, albei van die Kings.

Die span spog ook met sterk jong stutte soos Wilco Louw en Thomas du Toit.

Die SA A-span se voorspelers: Ruan Botha (slot), Uzair Cassiem (losvoorspeler), Chris Cloete (losvoorspeler), Thomas du Toit (stut), Andries Ferreira (slot), Jason Jenkins (slot), Wilco Louw (stut), Jean-Luc du Preez (losvoorspeler), Franco Marais (haker), Ox Nche (stut), Sikhumbuzo Notshe (losvoorspeler), Andisa Ntsila (losvoorspeler), Trevor Nyakane (stut), Ramone Samuels (haker).

Agterspelers: Ruan Combrinck (vleuel), Lionel Cronjé (losskakel), Juan de Jongh (senter), Warrick Gelant (heelagter), Makazole Mapimpi (vleuel), Lionel Mapoe (senter), Dewaldt Duvenage (skrumskakel), Jamba Ulengo (vleuel), Francois Venter (senter), Jano Vermaak (skrumskakel), Harold Vorster (senter), Fred Zeilinga (losskakel). – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!