Ekonome: Kabinet kon nóg kleiner
Volgens ’n kenner het die buurland net tussen 20 en 25 ministers nodig.
Elvira Wood – Pres. Cyril Ramaphosa kon sy kabinet nóg kleiner gemaak het.
Ramaphosa het Woensdagaand aangekondig dat hy die kabinet van 36 ministers tot 28 verminder het.
Kaizer Nyatsumba, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Federasie van Staal-en-ingenieursbedrywe (Seifsa), sê die land het net tussen 20 en 25 ministers nodig.
“Dit is duidelik dat Ramaphosa onder geweldige druk was om soveel uiteenlopende belange binne die ANC-geleide drieledige alliansie te dien. Dit verklaar die voortgesette opgeblasenheid van ons kabinet en die baie adjunkministers,” sê Nyatsumba in ’n verklaring.
Lullu Krugel, hoofekonoom van PwC, meen ook dat die kabinet kleiner kon wees.
“Ek verstaan regtig nie hoekom daar soveel adjunkministers moet wees nie,” het sy Woensdagaand kort ná die aankondiging aan Netwerk24 gesê.
Prof. Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit se sakeskool, meen ook dat daar baie druk op Ramaphosa was oor hoe hy sy kabinet saamgestel het.
Hy sê hy dink egter dat die oorhoofse ekonomiese boodskap wat aan die markte gestuur is, is ’n positiewe een.
“Die rasionalisering van sekere ministeriële portefeuljes is ’n welkome stap tot ’n meer kompakte, goedkoper en doeltreffende regering. Die nuwe kabinetspan sal nou getoets word deur hul vermoë om selfvertroue te herbou. Hulle sal moet aanvaar dat dit nie ‘sake soos gewoonlik’ is in hierdie nuwe era nie. Dit kan goed wees dat ooreengekome ministeriële prestasie-ooreenkomste deursigtig is,” sê hy.
Nyatsumba sê as Ramaphosa se kabinet die ekonomie weer aan die groei wil kry, sal daar veral op die uitroei van korrupsie gefokus moet word. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie