Ekonome vra: Quo vadis, Gigaba?
Dit wil voorkom asof die Suid-Afrikaanse minister van finansies planloos oor die land se ekonomie is, sê ekonome.
Dit sit nie in Malusi Gigaba, Suid-Afrika se minister van finansies, om enige drastiese veranderinge te maak en die land se skuldlas te verlig nie.
Dit is nie net die verwagting van Nazmeera Moola van Investec-batebestuur wanneer Gigaba dié week die mediumtermynbegrotingsrede (MTBR) in die parlement gaan lewer nie, maar ook vir die toekoms.
Sy sê in ’n meningstuk sy verwag die MTBR, wat Woensdag om 15:00 gelewer word, gaan teleurstellend wees. “Dit lyk nie of die minister van finansies ’n plan het nie.
“Daar’s regtig geen teken dat hy dit in hom het om besteding in die volgende paar jaar drasties te besnoei nie.
“Sonder betekenisvolle fiskale konsolidasie sal die verhouding van skuld tot die bruto binnelandse produk (BBP) nie stabiliseer nie. Aan die een kant probeer hy om die staat se finansies in ’n redelike goeie toestand te hou. Aan die ander kant wil hy nie enigiemand ontstel nie. Die fiskale agteruitgang is so reusagtig dat ongewilde besluite geneem sal moet word.
“Dis bekend dat daar ’n reuse-tekort van tussen R35 miljoen en R50 miljoen aan inkomste in die huidige fiskale jaar. Dis onwaarskynlik dat ons nou in die huidige boekjaar enige kostebesnoeiings sal sien.
“Die enigste uitweg is om meer geld te leen,” voorspel sy.
Kamilla Kaplan, ook van Investec, verwag die ekonomiese groeikoers sal laer vir vanjaar en die volgende twee jaar aangepas word. “ ’n Laer groeikoers sal waarskynlik beteken die gekonsolideerde begrotingstekort vir die 2017/’18-boekjaar gaan nader aan -3,5% van BBP wees.”
Mamello Matikinca, ekonoom van FNB, verwag die begrotingstekort gaan tot -4,2% toeneem. Dis meer as die -3,9% sedert Februarie.
Sy sê verbruikers moet hulle vir baie slegte nuus in Februarie regmaak. “Ons verwag die minister gaan die mark begin voorberei dat drastiese belastingstygings in Februarie aangekondig gaan word.”
Dit lyk nie of die minister van finansies ’n plan het nie.
Nazmeera Moola
Sy verwag egter nie dat daar nou of in Februarie enige verandering aan belasting op toegevoegde waarde (BTW) gemaak sal word nie.
“Met dié dat die begrotingsproses nou ook deur die presidensie hersien word, is dit selfs nog meer onwaarskynlik dat BTW bespreek sal word.
“Daar sal waarskynlik meer op suikerbelasting en die toepassing daarvan, meer aggressiewe fiskale sleuring en ’n kleiner belastingvoordele vir private siekefondse gefokus word,” voorspel sy.
Boonop verwag sy dat ’n effens sterker rand maar laer ruoliepryse boonop ’n goeie rede sal wees om brandstoftariewe te verhoog.
Matikinca en Moola wil graag sien wat Gigaba se plan met staatsmaatskappye is.
Graderingsagentskappe waarsku al lank dat staatswaarborge aan maatskappye soos die SAL en Eskom hulle waarskynlik sal noop om die land se kredietstatus heeltemal tot rommel af te gradeer.
Standard & Poor’s Global Ratings en Moody’s Investors Service gradeer nog Suid-Afrika se staatskuld in rand op beleggingsvlak. Albei besluit in November of hulle dit so gaan hou of nie. Dit is reeds op rommel by Fitch Ratings.
Moola sê niks is die afgelope ruk aan hierdie probleem gedoen nie.
“Dit plaas addisionele druk op die fiskus.”
Haar raad is om die bestuur van instellings soos Eskom en Transnet te vervang en só beleggingsvertroue in hulle te herstel.
“Tot dit gebeur, gaan geld nie vir hulle ingesamel kan word nie.”
Matikinca sê hulle verwag nie enige groot aankondigings oor staatsinstellings nie.
“Die groot vraag gaan wees hoe die tesourie beplan om die departement van energie se ambisies om kernkrag te ontwikkel gaan ondersteun.”
Moola voorspel dat as sake onveranderd bly, sal SA se staatskuld in rand binne die volgende 12 maande tot rommel afgegradeer word. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie