Ekonomie kruip terug in die groen
Jo-Maré Duddy – Namibië se ekonomie het in die tweede kwartaal met 1,6% op ‘n jaargrondslag gegroei, die eerste positiewe kwartaallikse syfer sedert die einde van 2019.
Die jongste data wat deur die Namibië Statistiekagentskap (NSA) vrygestel is, moet egter in konteks gesien word. Die groei volg op ‘n geskiedkundige lae basis, aangesien die bruto binnelandse produk (BBP) in die tweede kwartaal in 2020 met -11,6% gesteier het ná die Covid-19-pandemie die land getref het.
Groei in die tweede kwartaal was laas in 2018 positief, toe die BBP met 5,2% jaar-op-jaar gestyg het. Sedert die begin van die resessiesiklus in 2016 beloop gemiddelde BBP-groei in die tweede kwartaal 1,6%. Daarenteen was ekonomiese groei in die dieselfde kwartaal in 2014 en 2015 sowat 5,4% en 4,7% onderskeidelik.
In reële terme, wat faktore soos inflasie in berekening bring, is sowat N$32,7 miljard die afgelope kwartaal in die ekonomie gegenereer – sowat ‘n halwe miljard méér as in dieselfde tydperk in 2020. Dit is egter beduidend minder as die bykans N$37,4 miljard wat in die tweede kwartaal van 2018 geproduseer is.
Hotelle en restaurante, ‘n maatstaf vir die stand van toerisme, het N$489 miljoen tot die tweede kwartaal se BBP bygedra. Hoewel dit ‘n verbetering van sowat 34% teenoor ‘n jaar gelede is, is dit steeds N$239 miljoen minder as in 2019 vóór die sektor deur die pandemie getref is.
ANDER SEKTORE
Groot- en kleinhandel het bykans N$3,2 miljard die afgelope kwartaal gegenereer, N$468 miljoen meer as ‘n jaar gelede. Vergeleke met die piek van sowat N$4,4 miljard in die laaste kwartaal van 2016, bly dié sektor in die knyp met die skuldvoos verbruiker wat sukkel om te herstel.
Konstruksie se penarie duur voort en dié sektor het die afgelope kwartaal met -16,9% gegroei. Buiten vir dieselfde kwartaal in 2019, toe dit met 0,9% gegroei het, ervaar konstruksie rooi tweede kwartale sedert 2016. Die gemiddelde groei in dié kwartaal sedert 2016 is -20%.
Aansienlik minder bees en skaap wat bemark is omdat boere hul kuddes ná die goeie reënseisoen opbou, het die landbousektor die afgelope kwartaal met -6,9% laat groei.
Kleiner deposito’s by banke, asook die lae vraag na nuwe versekeringspolisse deur besighede wat hul uitgawes probeer besnoei, het tot groei van -17% in die finansiëledienstesektor aanleiding gegee. Dié sektor is nou vir ses opeenvolgende kwartale in die rooi.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie