Ekonomie markeer die pas
Elvira Wood – Suid-Afrikaners moenie te vinnig opgewonde raak oor die goeie ekonomiese groeisyfer van die tweede kwartaal van die jaar nie.
Statistieke Suid-Afrika het vroeg in September bekend gemaak dat die bruto binnelandse produk (BBP) vir die kwartaal tot einde Junie met 3,1% gegroei het.
Mike Schüssler van Economists.co.za, sê wanneer daar na BankservAfrica se jongste indeks van ekonomiese transaksies (Beti) gekyk word, gaan die ekonomie in die derde kwartaal waarskynlik beduidend traer groei.
Die Augustus-syfers oor ekonomiese transaksies, ’n vroeë aanwyser van die stand van die ekonomie, wat Schüssler namens BankservAfrica saamstel, was in Augustus 129,1 punte. Dit is 0,7% beter as ’n jaar gelede, maar 0,9% laer as die aangepaste 130,2 punte van Julie. Dit is vir die drie maande tot einde Augustus ook 0,9% laer as die vorige drie maande.
Die indeks meet transaksies wat deur die betaalstelsel gaan, insluitend inbetalings in bankrekeninge, debietorders, elektroniese geldoordragte en transaksies by kitsbanke.
Schüssler sê die syfers is nog nie ’n aanduiding dat ’n resessie op hande is nie. Hy sê dit lyk wel asof Suid-Afrika se ekonomie eerder “plat of verlangsamend” is.
Getal transaksies
Die getal transaksies wat deur die ekonomie beweeg, is 0,4% minder as ’n jaar gelede, vir ’n totaal van 104,3 miljoen transaksies.
Waarde van transaksies
Die gemiddelde waarde van alle transaksies was R8 647, 4,3% hoër as ’n jaar gelede. Dis die vyfde opeenvolgende maand dat die waarde van transaksies styg en is nou die hoogste nominale waarde sedert die Beti saamgestel word.
Die totale waarde van transaksies is R882,3 miljard.
BankservAfrica sê benewens die laer Beti is daar ander aanduidings dat die BBP in die derde kwartaal van die jaar waarskynlik nie beduidend gaan groei nie.
Die maatskappy sê laer verkoopsyfers van nuwe voertuie asook Absa se aankoopbestuursindeks wys dat die ekonomie tans swaar trek. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie