Ekonomiese nood vuur selfdood aan
Druk weens die land se ekonomiese krisis, werkloosheid en die verwoestende droogte het daartoe gelei dat talle mense hul eie lewens geneem het.
Jana-Mari Smith - Nagenoeg 400 mense het tussen Januarie en September 2019 weens selfdood gesterf en kenners waarsku Namibië se ekonomiese krisis, ’n gebrek aan werksgeleenthede en die verlammende droogte verhoog die risiko van selfdood.
Statistieke wat vandeesweek deur die Namibiese polisie bekend gemaak is, het bevestig 373 mense het in die eerste nege maande vanjaar selfdood gepleeg.
Die meerderheid, 318, was volwasse mans. Die ander was 44 volwasse vroue, ses was seuns en vyf meisies van 17 jaar of jonger.
Beskikbare data toon minstens 3 625 Namibiërs het tussen 2011 en September vanjaar hul eie lewe geneem.
Dit kom neer op ’n gemiddeld van 517 selfdode per jaar.
’n Studie wat verlede jaar deur die ministerie van gesondheid gedoen is, dui aan Namibië het een van die hoogste selfdoodsyfers ter wêreld. Selfdoodgetalle is die vierde hoogste in Afrika en Namibië neem die 11 plek wêreldwyd in.
SIELKUNDIGES SE MENING
“Daar is ’n duidelike verband tussen die ekonomiese depressie en meer selfdode, depressie en kommer oor geestesgesondheid in die algemeen,” sê dr. Shaun Whittaker, ’n kliniese sielkundige.
“Dit is duidelik werkloosheid is die grootste oorsaak van selfdood, terwyl ontevredenheid oor werkstoestande ’n hoofrede vir erge depressie is,” voeg Whittaker by.
Nog ’n kliniese sielkundige, Charine Glen-Spyron, sê hoewel depressie, angs en selfdoodgedagtes enigiemand te enige tyd kan beïnvloed, vererger die huidige ekonomiese insinking dié neiging.
“Mense voel vasgekeer, nutteloos, hulpeloos en hopeloos. Hulle voel hulle het hulself en diegene om hulle in die steek gelaat. Dit kan tot die idealisering van selfdood lei, waar hulle glo die wêreld en diegene rondom hulle sou beter daaraan toe wees sonder hulle,” sê sy.
Glen-Spyron meen selfdoodgedagtes en -gedrag hou dikwels met trots verband.
Broodwinners voel hul gesinne verdien beter, wat tot depressie en moontlik selfdoodgedrag lei.
GEEN VOORKEUR
Hoewel daar ’n groter behoefte aan geestesgesondheidsdienste is, is al minder hiervan beskikbaar.
“Dit maak nie sin nie. Soos gewoonlik geniet geestesgesondheidsdienste nie voorkeur in ’n winsgedrewe samelewing nie,” sê Whittaker.
Intussen verswak die staat se gesondheidsdienste, voeg hy by.
Hy sê die armste mense loop die grootste gevaar omdat veral hulle met werkloosheid, meer finansiële druk en werksontevredenheid sukkel.
“Hulle is ook minder geneig om aan ’n mediese fonds te behoort en het dus nie toegang tot private psigiaters en sielkundiges nie.”
Baie mense het eenvoudig nêrens om heen te gaan as hulle met depressie en selfdoodgedagtes sukkel nie – veral buite Windhoek.
GESLAG
Die meeste selfdoodgevalle is tussen Januarie en September in die Omusatistreek aangeteken: ’n totaal van 53, waarvan 45 volwasse mans, vyf volwasse vroue en drie kinders was.
Die Oshana-polisie het 43 selfdode aangemeld – 39 was mans en vier vroue.
In Ohangwena het 35 mans, sewe vroue en een kind hul eie lewens geneem.
In die Khomasstreek het 34 mans, twee vroue en een kind selfdood gepleeg.
Hierdie syfers stem ooreen met wêreldstatistieke wat toon vroue is aansienlik meer geneig om selfdood te probeer pleeg, maar meer mans sterf aan selfdood.
Whittaker sê dit is deels daaraan toe te skryf omdat mans dodeliker selfdoodmetodes gebruik, soos vuurwapens, terwyl vroue byvoorbeeld ’n oordosis medikasie neem en gered kan word indien hulle betyds gevind word.
Glen-Spyron sê mans word geleer om ontstellende en selfdoodgevoelens te onderdruk, wat dit moeiliker maak om hulp te vra.
Wanneer depressie nie behandel word nie, kan dit tot dwelmmisbruik lei, wat ook ’n selfdoodsneller is.
Whittaker sê kommer oor die toekoms verhoog angs en depressie, “terwyl alkoholisme voortspruit uit die algemene trauma om in hierdie soort samelewing te leef.”
VOORKOMING
Toegang tot gesondheidsdienste is belangrik om selfdoodgedrag te bekamp.
Beter onderrig in skole, gemeenskappe en werksplekke, waar seuns en mans aangemoedig word om hul gevoelens te verwoord, kan selfdoodgedrag help voorkom, sê Glen-Spyron.
Sy sê ’n samelewing wat depressie en angs stigmatiseer, verhinder mense om hulp te vra.
“Wanneer jy vasgevang en hopeloos voel en terselfdertyd geoordeel word, verhoog dit die risiko vir die idealisering van selfdood.”
Die beperkte aantal poste vir beraders en sielkundiges beteken talle gekwalifiseerde mense soek elders werk – ondanks ’n “buitengewoon groot behoefte” aan hulle, veral by staatsgeriewe, sê sy.
Maatskappye en organisasies moet seker maak werkers bied werknemers geskikte dienste, sê sy.
Sy doen ook ’n beroep op Namibiërs om minder veroordelend, meer ondersteunend en meer simpatiek te wees.
“Diegene wat aan ’n geestesongesteldheid ly, sal waarskynlik wel hulp soek as hulle minder gestigmatiseer voel.”
Die ministerie van gesondheid sê die ontwikkeling van ’n nasionale beleid oor selfdoodvoorkoming word vir die volgende boekjaar beplan.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie