Ekonomiese verwagtinge lyk nie rooskleurig
Verbruikers moet slim besluite neem
Dr. Kobus Laubscher - ’n Groep ekonome in Suid-Afrika neem jaarliks deel aan die Ekonoom van die Jaar-kompetisie en hoewel almal met dieselfde stel feit werk, kyk hulle verskillend in die kristalbal.
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se jongste ontleding van die ekonomie waarop monetêre besluite soos die rentekoerse gegrond word, is ’n verdere aanduiding van hoe die ekonomiese werklikhede en verwagtinge interpreteer word.
Die algemene siening van al hierdie ontledings is egter nie positief nie en vir ons gewone mense kan dit verwarrend wees.
Wat saak maak is inflasie soos gemeet en verwagtinge vir die onmiddellike toekoms en rentekoersbewegings, om slegs enkeles te noem.
Inflasieverwagtinge en gerealiseerde inflasie is dikwels verskillend, want aan die einde van ’n maand is dit die koopkrag van jou beursie wat tel en as jy skuld het of moes maak, is die rentekoers van belang.
Wat kan gebeur met pryse en rente rig ook besluitneming, soos of duursame items vervang moet word te midde van aggressiewe advertensies wat jou laat glo pryse kan styg. Heel dikwels word beplande aankope van veral duursame goedere verkeerdelik gegrond op dié verwagtinge.
Inflasieverwagtinge word ’n belangrike veranderlike in terme van lone en salarisse vir die nuwe jaar en die gaping tussen wat die man op straat ervaar in terme van sy/haar koopkrag en wat amptelik as inflasie gedokumenteer word, is tans polities gelaai.
Nie alleen is daar bewyse van dalende lewenstandaarde omdat die verbruiker net eenvoudig nie kán byhou met stygende lewenskoste nie, maar die gebrek aan die vermoë om beter te kan lewe word veral voorop gestel. Hier geld nie net inflasie-ervaring nie, maar werkgeleenthede ensovoots wat weer afhanklik is van die prestasie van die ekonomie in die geheel.
Die jongste siening van die Suid-Afrikaanse ekonomie is nie goeie nuus nie. Groei verwagtinge is afgeplat en word tans op net meer as 1% gestel. Wat egter meer kommerwekkend is, is die stygende tekorte op die handelsrekening – daar word meer ingevoer as uitgevoer wat. weer die belangrikheid van die wisselkoers uitlig.
WISSELKOERS EN INFLASIE
Ekonome se raming van die wisselkoers van die rand versus die Amerikaanse dollar dui op ’n onderstatering. Dollars kos duurder en alhoewel omstrede, kan die jongste beleidsaanpassings in die VSA die geldeenhede van ontwikkelende lande verder verswak.
Daar is sterk sienings van kapitaalvlug uit opkomende ekonomieë as die VSA rentekoerse verhoog. Wat egter bemoedigend is, is dat hooflyninflasie in Suid-Afrika in Junie vanjaar onveranderd op 3,2% gebly het, met voedselinflasie wat matig gedaal het.
Dié daling was volgens die nasionale bemarkingsraad dan ook die rede waarom prysdruk as gevolg van die skerp styging in brandstofpryse uitgeskakel is.
Die mandjie van 28 produkte wat die verloop van die koste van kos meet, het in Junie vanjaar gedaal tot R847,58, wat 0,2% goedkoper was as die vorige maand. Dit was egter nog 1,4% duurder as in Junie 2017.
Die verwagting is egter dat inflasie, insluitende dié van voedsel, kan styg namate duurder brandstof en die verhoging in die BTW-koers deurwerk.
Die internasionale olieprys het weliswaar die afgelope maand effe gedaal, maar was steeds beduidend hoër as wat aanvanklik vir die tyd van die jaar voorspel is.
Die VSA se nuutste inisiatief om die oliekartel se magte in te kort, sal bepaald verligting bring. Ongelukkig is dit deel van ’n beleidsoffensief van die VSA soos die huidige tariefoorlog wat ontwikkelende lande se voortgesette deelname internasionaal kan belemmer.
Namibiese inflasie het die afgelope maand ook effe versag en dit is veral die afname in kosinflasie wat ’n bydrae gelewer het vanweë dié komponent se proporsionele bydrae tot inflasie, maar opwaartse druk is duidelik waarneembaar.
Vleisprysinflasie het skerp gedaal soos in Suid-Afrika, maar inflasie by brood en verwante produkte wek kommer omdat dit saam met vleis meer as 50% tot kosinflasie bydra.
Vir die gewone verbruiker word brood- en bottersake al hoe belangriker, want hulle is in ’n oorlewingstryd.
Die inkort van diskresionêre inkomste as gevolg van die inflasie enersyds, maar andersyds die vrese vir verswakte toekomstige koopkrag maak die ekonomie se wiele pap. Dit is ’n algemene verwagting vir ten minste die res van die jaar.
Kleinhandelaars sal meer aggressief word wat advertensies betref, want dalende omsette en winste is ook hulle voorland.
Verbruikers sal moet fyn trap en nugter dink.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie