• Tuisblad
  • Sake
  • Ekonomiese vryheid: Só sak SA in 10 jaar terug
Ekonomiese vryheid: Su00f3 sak SA in 10 jaar terug
Ekonomiese vryheid: Su00f3 sak SA in 10 jaar terug

Ekonomiese vryheid: Só sak SA in 10 jaar terug

Volgens die FMF beteken dit Suid-Afrika het nou minder ekonomiese vryheid as wat hy in 2000 gehad het.
Nellie Brand-Jonker - Suid-Afrika het vanjaar een plek opgeskuif op die wêreldranglys vir ekonomiese vryheid. Suid-Afrika is nou 94ste uit die 162 lande wat gemeet is.

Verlede jaar was Suid-Afrika 95ste en in 2016 was die land in die 105ste plek.

Die indeks meet in hoe ’n mate ’n land se beleid en instellings ekonomiese vryheid ondersteun.

Die ranglys is op grond van inligting van 2016 saamgestel en is dit is dus twee jaar gelede se inligting wat gebruik is.

Volgens die Vryemarkstigting (FMF), wat die inligting vir die verslag oor Suid-Afrika verskaf het, het Suid-Afrika egter nie veel om oor te juig nie.

Volgens Leon Louw, hoof van die FMF, was die land in 2000 in die 46ste plek, wat hom onder die boonste 30% van die lande in die wêreld geplaas het wat die vryste ekonomieë gehad het.

“Die land was hoog op die indeks en besig om te styg; bestem om een van die wêreld se vryste en welvarendste lande te word. Ongelukkig het die land nie op dié prestasie ná apartheid voortgebou nie en op die ranglys begin afsak tot midde die onderste 40% van die lande,” sê Louw.

Volgens die FMF beteken dit Suid-Afrika het nou minder ekonomiese vryheid as wat hy in 2000 gehad het.

“As ’n land op die ranglys afsak, beteken dit hy het groter armoede, ongelykheid, ’n daling in lewensverwagting, minder politieke regte en vryhede, en sy burgers ’n swakker lewensgehalte.”

Louw sê as Suid-Afrika groter welvaart wil skep en armoede en werkloosheid wil verminder, moet die finansiële sektor toegelaat word om vry en doeltreffend te funksioneer sonder onnodige burokrasie. – Netwerk24

GRYSBLOK

Hier is die tien lande bo-aan die ranglys:

1. Hongkong

2. Singapoer

3. Nieu-Seeland

4. Switserland

5. Ierland

6. VSA

7. Georgië

8. Mauritius

9. Brittanje

10. Australië en Kanada

Die tien swakste lande:

153. Soedan

154. Guinee-Bissau

155. Angola

156. Sentraal-Afrikaanse Republiek

157. Demokratiese Republiek die Kongo

158. Sirië

159. Algerië

160. Argentinië

161. Libië

162. Venezuela

(Noord-Korea en Kuba word nie ingesluit nie, weens ’n gebrek aan inligting.)

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!