Eksamenuitslae op peil

Kandidate met ’n NSSCAS-kwalifikasie is beter voorbereid om akademiese druk van hul eerste jaar van tersiêre studies te hanteer.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht

Die geskiedkundige eerste uitslae van die nuwe graad 12-gevorderde vlak-eksamens (NSSCAS) vir ’n kwalifikasie wat wêreldwyd erken word, het ’n goeie standaard vir hul opvolgers gestel.

“Die klas van 2021 het die pas aangegee en ’n hoë standaard geskep,” het die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Anna Nghipondoka, gister tydens die aankondiging van die uitslae op Otjiwarongo gesê. Ons moet ons pogings verdubbel om te verseker dat die prestasie voortgeset in die komende jare verbeter.” Sy het die groep van 5 007 kandidate as “pioniers” beskryf.

Volgens die minister was 2021 opnuut 'n baie uitdagende jaar. Die uitlek van vraestelle van sommige vakke vir gewone vlak-kandidate was ’n reuseterugslag, het Nghipondoka gesê.

Sy het beklemtoon die voorval het nie die eksamens vir gevorderde vlak geraak nie en nie ’n “enkele NSSCAS-vak is in gevaar gestel nie”.

Kandidate het eksamen in 28 vakke afgelê, met 4 592 inskrywings by 88 staatskole en 415 inskrywings by 14 private skole.

Die uitslae is twee weke vroeër as beplan vrygestel, omdat meer tyd nodig is om die sillabus te voltooi en vir eksamens voor te berei. Die ministerie het volgens die Nghipondoka 'n versoek aan plaaslike en Suid-Afrikaanse instellings vir hoër onderrig gerig dat kandidate eers hul voorlopige uitslae vir registrasie aanbied.

In Maart 2021 het die ministerie gesê sowat 7 500 kandidate kan voltyds op AS-vlak hul skoolloopbane voortsit. Die klas was uiteindelik sowat 2 500 kleiner.

Die simboolverspreiding (sien grafika) is volgens die minister "gesond" vir enige onderwysstelsel.

Hoewel die graad 12-groep dramaties kleiner was as 2020 se byna 23 000 kandidate op hoër vlak, is persentasiegewys meer A- en B-simbole behaal as die 1- en 2-graderings in die vorige eksamen. Meer as die helfte van vakke (52,5%) het 'n C- of beter simbool ontvang. Hiervan was 8,3% A's, 19,4% B's en 24,8% C's. D-simbole (23,2%) was minder as die 4's van ouds en 16,6% van vakke het 'n E ontvang.

In totaal was 7,7% van vakinskrywings ongegradeer. In 2020 was die druipkoers 8,8%.

Persentasiegewys het kandidate meer A's en B's in wiskunde en rekenaarstudies as in ander vakke verwerf. Die meeste vakinskrywings (3 370) was in wiskunde en hiervan het een uit vier leerlinge (25,1%) gedruip. Die ander hoogste druipsyfers was in sakestudies (16,3%) en rekeningkunde (15,2%). Meer as 10% van inskrywings was ook ongegradeerd in fisika, rekenaarstudies en entrepreneurskap.

Uit die 3 741 leerlinge wat Engels tweede taal geskryf het, het 8,7% nie die pyp gerook nie. Net 237 het Afrikaans tweede taal geneem, waarin alle leerlinge minstens 'n E ontvang het.

Nghipondoka het ’n beroep op leierskap op streek- en skoolvlak gedoen om terug te keer na die tekenbord in terme van die keuse van skole wat die NSSCAS-vlak aanbied. Uitslae in streke moet volgens die minister ontleed en bespreek word, terwyl vakonderwysers, onderwysbeamptes en skoolhoofde gebiede vir verbetering identifiseer, onderrig ’n prioriteit maak en hulpbronne verskaf om onderrig te verbeter.

“Kandidate met ’n NSSCAS-kwalifikasie is beter voorberei om akademiese druk van hul eerste jaar van tersiêre studies te hanteer," het die minister oor die waarde van die nuwe matrieksertifikaat gesê. "Die kwaliteit is verhoog van leerlinge wat universiteit toe gaan. Ons kinders kan globaal vir toelating tot tersiêre studies meeding,” het die minister benadruk.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford #REF! Currency: GBP to NAD 23.13 | EUR to NAD 19.29 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.83 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.64 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.32 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14269.55 Up +0.16% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31022.54 Down -0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 638.13/OZ UP +0.45% | Copper US$ 4.45/lb UP +3.08% | Zinc US$ 2 995.80/T UP 3.59% | Brent Crude Oil US$ 75.07/BBP UP +0.93% | Platinum US$ 973.83/OZ UP +1.65% #REF!