Eksamenuitslae steeds vir Des/Jan beplan
Eksamenuitslae steeds vir Des/Jan beplan

Eksamenuitslae steeds vir Des/Jan beplan

Meer kandidate is vanjaar vir die Nasionale Senior Sertifikaat Hoër Vlak (NSSCH) ingeskryf.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Die uitslae van vanjaar se eksamens vir onderskeidelik die Nasionale Senior Sertifikaat Hoër Vlak (NSSCH) en -Gewone Vlak (NSSCO) sal steeds in Desember en Januarie vrygestel word.

Volgens die woordvoerder van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, mnr. Absalom Absalom, “is dit dieselfde soos normaal” en geen besluit is nog geneem om die vrystelling van die uitslae vir ’n maand of wat uit te stel nie.

Vanjaar het 20 712 voltydse kandidate vir NSSCH ingeskryf, teenoor verlede jaar se 18 650. Vanjaar sal 27 005 voltydse kandidate die eksamen vir die NSSCO aflê, teenoor verlede jaar se 24 933.

Met verwysing na deeltydse kandidate vir NSSCH lê 2 288 dié eksamen af teenoor verlede jaar se 1 949. Die deeltydse kandidate vir NSSCO is 41 654. Die totale getal voltydse kandidate vir die hersiende leerplan is 21 485.

Volgens die direkteur vir die direktoraat nasionale eksaminering en evaluering (DNEA) in die ministerie, me. Clemmentine Tsumis-Garises, gesê die ministerie het nooit die datum vir die aanvang van eksamens verander, nadat dit weens die Covid-19-pandemie geherskeduleer is nie. Die herskedulering is gedoen om onderrigtyd te verleng.

“Normaalweg begin eksamens jaarliks in Oktober. Ná die inperking het ons dit egter aangeskuif om in November te begin. Dit was ’n besluit wat die ministerie onmiddellik ná die inperking geneem het en dit het nooit verander nie,” sê Tsumis-Garises.

Volgens haar begin die eksamens op 9 November en eindig op 18 Desember.

“Volgens die rooster wat reeds by skole en sentrums is, word sommige vroeë vraestelle in Oktober afgelê,” het sy gesê.

Tsumis-Garises sê die merk van vraestelle begin normaalweg ’n week nadat die eerste vraestel geskryf is. Uitslae word vrygestel wanneer die volle eksamen geskryf, dit gemerk en die statistiek afgehandel is.

“Dit is te vroeg om ’n datum te gee, omdat dit ’n proses is. Nou meer as ooit is ons in onseker tye en dit sal daarom nie wys wees om ’n besliste datum te probeer verskaf nie.”

Skole het tot vandag tyd om te kies tussen twee opsies wanneer leerlinge aanstaande jaar na die skoolbanke terugkeer. Albei opsies het drie termyne.

OORGRENS

Met verwysing na die terugkeer van Namibiese studente wat in Suid-Afrika studeer, het die woordvoerder vir die Universiteit van Stellenbosch (US), mnr. Martin Viljoen, intussen gesê dié universiteit wag op ’n besluit van sy Institusionele Komitee vir Bedryfsvoortsetting (IKBV) oor of hulle kan terugkeer om hul eksamens af te lê.

Dit volg ná die Suid-Afrikaanse departement van hoër onderwys en opleiding se versoek aan instellings om elk eers ’n risikobepaling te doen voordat personeellede en studente genooi word om na universiteite se kampusse terug te keer.

Volgens Viljoen gaan die US voort met noodaanlynonderrig, -leer en -assessering om te sorg dat die akademiese jaar suksesvol voltooi word.

“Die universiteit sien daarna uit om sy Namibiese studente wat geïdentifiseer is om terug te keer na die kampus, terug te verwelkom, maar is ongelukkig nog nie in ’n posisie om finale reëlings hieroor te kan deurgee nie,” het hy gesê.

Volgens Viljoen is daar ook nog nie finale datums beskikbaar vir wanneer die verwelkoming en akademiese kwartaal vir nuwelingstudente gaan begin nie. Dit sal egter na verwagting in Maart wees.

Volgens Noordwes-Universiteit (NWU) se direkteur vir korporatiewe kommunikasie, mnr. Louis Jacobs, begin die akademiese jaar vir eerstejaarstudente aanstaande jaar op 15 Maart, terwyl terugkerende studente op 15 Februarie inval.

Dié datums het aangeskuif omdat die uitslae vir Suid-Afrika se nasionale senior sertifikaat-eksamens (NSC) wat normaalweg in die eerste week van Januarie bekendgemaak word, nou eers op 23 Februarie vrygestel gaan word.

Alle studente, Namibiërs ingesluit, het volgens Jacobs reeds na die kampus teruggekeer, hoewel die universiteit met aanlyn-onderrig voortgaan.

Puk-studente is dus nie verplig om na die kampus terug te keer indien hulle tuis via die aanlyn-modaliteit met hul studies kan voortgaan nie. Namibiese studente moet ’n negatiewe Covid-19-uitslag nie ouer nie as 72 uur kan toon, anders moet hulle op eie koste minstens tien dae in kwarantyn deurbring.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!