Eksku00earel vermoor glo meisie
Eksku00earel vermoor glo meisie

Ekskêrel vermoor glo meisie

Twee vroue verkrag
Tanja Bause
Die liggaam van !Koce Nanca (21) is Vrydagnag halftwaalf op Tsumkwe in die informele nedersetting Bukushu deur ’n voetganger in die bosse gevind.

Na bewering het ’n 21-jarige man haar die vorige aand by haar huis kom soek. Die twee was glo in ’n verhouding wat in November 2021 beëindig is. Hy het haar gegryp en van die huis af weggesleep. Haar susters het dit sien gebeur en het haar aanhoudend probeer bel, maar sy het nooit geantwoord nie.

• In ’n nog geval van geslagsgebaseerde geweld, op Stampriet, het ’n 53-jarige man glo Vrydag omstreeks 15:15 ’n 30-jarige vrou by ’n kroeg aangeval. Hy het haar met sy vuis teen die bors geslaan en met sy stewels op haar kop getrap. Die vrou is in die hospitaal vir behandeling opgeneem.

SEWE VAS OOR NOODLOTTIGE AANRANDING

’n Agt-en-twintigjarige man is tussen Donderdag en Vrydag op Kanaan C naby Epako dood nadat hy glo deur ’n groep verdagtes aangerand is. Aanvanklik het vyf mans die slagoffer onder ’n boom gevange gehou en ondervra oor hul eiendom wat hy volgens hulle gesteel het.

Terwyl hulle hom ondervra het, het nog mense bygekom en begin om hom te slaan en petrol is oor hom uitgegooi. Hulle het hom toe oornag by een van die verdagtes se huis gelos waar hy later dood aangetref is. Twee van die verdagtes het die saak by die polisie aangemeld en tot dusver is sewe mense in hegtenis geneem.

• Die 10 maande oue Riaan Haraeb het Saterdag om 12:45 in Tubusis in Usakos verstik toe hy glo ’n proppie van ’n koeldrankbottel ingesluk het.

VERKRAGTINGS OP KAMANJAB EN ONYOME

Saterdag om 00:21 is ’n 19-jarige gestremde meisie in die Saamstaan informele nedersetting in Kamanjab deur ’n 28-jarige man verkrag.

Die meisie en haar stiefsusters het glo by die huis gesit en drink. Die susters het toe ’n roudiens gaan bywoon en haar by die huis gelos. Die man het die huis ingegaan en haar verkrag. Die susters het by die huis aangekom en ná ’n geveg met die man het hy deur die venster gespring en op vlug geslaan. Hy is later in hegtenis geneem.

• ’n Onbekende man het Vrydag om 20:00 in die Onyome nedersetting naby Omuntele glo ’n 62-jarige vrou verkrag. Die vrou was op pad huis toe, toe die man haar aangeval en verkrag het.

ROWER KOM VOOR TOEMAAKTYD

Vrydag om 19:00 het Pep Store in Wernhil sy deure gesluit toe net nog een kliënt in die winkel was. Hy het sy items deur die kassier laat oplui en haar gevra vir sy rugsak wat by die pakkiestoonbank gelaat was, sodat hy haar kon betaal. Hy het ’n pistool uit sy rugsak gehaal en die kassier afgedreig voordat hy met N$10 900 op vlug geslaan het.

• Oor die naweek is by verskillende huise in Windhoek ingebreek. By ’n huis in Cleopatra-straat in Dorado Park is die elektriese draad geknip en die diefwering oopgebuig om toe gang te kry. Items ter waarde van N$60 000 is gesteel. Niemand is in hegtenis geneem nie.

• By ’n woonhuis in Bowkerstraat in Klein Windhoek is ’n elektriese hek uitgehaak en die motorhuis oopgebreek. Items ter waarde van N$15 00 is gesteel. Twee verdagtes is in hegtenis geneem en alles is teruggevind.

• In David Goeiemanstraat in Khomasdal is items ter waarde van N$48 000 gesteel. Niemand is in hegtenis geneem nie.

OUMA (91) SE SELFDOOD
Vyf mense het oor die naweek selfdood gepleeg deur hulself op te hang.

Die enigste vrou, van 91-jarige ouderdom, was ook die oudste van die vyf. Die ander vier was mans in die ouderdomme van 21, 22, 36 en 55 jaar.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!