Eksminnaars binnekort gevonnis
Eksminnaars binnekort gevonnis

Eksminnaars binnekort gevonnis

NAMPA
‘n Inwoner van Gobabis, Rachel Rittmann, en haar gewese minnaar, Ryno du Preez, wat in Augustus aan die moord op Rittmann se man, mnr. Rudolf Rittmann, skuldig bevind is, word op 22 Oktober gevonnis.

Rudolf is in Augustus 2013 vermoor.

Hoërhofregter Christie Liebenberg het die voorgenome vonnisdatum vandeesweek bekend gemaak ná die staat en verdediging voorstelle vir vonnisoplegging gemaak het.

Staatsadvokaat Marthino Olivier het die hof vir swaar strawwe in die vorm van lewenslange vonnisse vir beide Rachel en Du Preez gevra.

Die verdediging se prokureurs, mnre. Johan van Vuuren en Ileni Gebhart het op hul beurt om genade vir Rachel en Du Preez gevra.

Du Preez en Rachel is op 29 Augustus vanjaar aan moord met voorbedagte rade skuldig bevind.

Rachel is ook aan ‘n mindere klag van diefstal skuldig bevind, nadat die aanklaer bo redelike twyfel deur middel van staatsgetuies bewys het sy was ná die oortreding onregmatig in die besit van haar oorlede man se beursie en selfoon.

Du Preez het skuld erken in die beplanning en uitvoering van die moord, en Rachel is op grond van bewyse skuldig bevind.

Volgens Olivier het Rachel en haar eksminnaar saamgewerk en ‘n gemeenskaplike doel voor oë gehad in die beplanning en uitvoering van die moord op haar man.

Volgens regter Liebenberg was Rachel ‘n aktiewe deelnemer aan die vroeë beplanning van die moord in ‘n poging om sy erflating te bekom.

Du Preez het ingestem om Rudolf te vermoor deur hom met ‘n mes by sy huis in Gobabis te steek, omdat hy in daardie stadium in ‘n verhouding met Rachel was.

Rachel en Du Preez het Rittmann se lyk daarná in sy voertuig gelaai en na ‘n gebied tussen die Internasionale Lughawe Hosea Kutako en Kapps Farm in die Khomasstreek gery, waar hulle die voertuig met Rittmann se liggaam aan die brand gesteek het om bewyse te vernietig.

Rachel is by die Klein Windhoek-polisiekantoor aangehou, terwyl Du Preez by die Windhoek Sentrale Gevangenis aangehou word. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!