Eksoties is die spyker in die kis
Iréne-Mari van der Walt
[email protected]
Ons ken almal dié tipe – quinoa uit wie weet waar, muesli want muesli is gesond, die bittereinder wat jou sal aangluur oor die plastiek Coke-botteltjie waaruit jy laasweek gedrink het. Die een wat hulself gedra asof hulle naweke met moederaarde pajamapartytjies hou en mekaar se hare vleg. Daardie een. Ek stem saam met hulle.
Ek is nog ver daarvan om by die avokadorewolusie aan te sluit en ek dink ’n plastieksakkie kan soms nogal handig wees, maar ek gee vir die planet om.
Ek het myself nog nooit aan ’n boom vasgeketting om in moederaarde se guns te protesteer nie, so jy gaan nou maar net my woord moet vat en glo ek gee vir die planet om.
Wat die ganse aarde beïnvloed, beïnvloed my direk – van skadelike gasse in die lug wat ek inasem tot die mariene lewe wat op strande uitspoel ná rommel die arme gediertes hul lewens gekos het.
Die grootste klagte wat ek al van skeptici in omgewingsgeselskap gekry het, is dat hulle nie hul hele lewe omver wil gooi om die aarde ’n ekstra maand te gee nie – en hierop kan moederaarde se besties soms heel handuit ruk en baklei dat die trane loop.
Wat mej. Quinoa nie besef nie is dat quinoa ingevoer word op ’n skip of ’n vliegtuig wat brandstof verbruik en dus kweekhuisgasse afgee wat vir haar vriendin moederaarde so skadelik is soos ’n kêrel met ’n reuseselfbeeldprobleem.
Ons antwoord is ’n plaaslike leefstyl. Kaas van ’n Omaruru-boer, konfyt wat by ’n tannie in jou straat gekoop word, groente wat in of naby jou buurdorp gekweek word – dit is hoe ons gaan red wat te redde is.
Ek het onlangs ’n storie oor ’n boer op Karibib geskryf wat groente deur akwaponiese stelsels kweek en ’n Walvisbaai-boer wat hidroponiese stelsels gebruik. Dié twee is soortgelyk, maar verskil in die plantvoeders wat gebruik word.
Albei belowe hul kleintoontjie dat hul produkte in alle aspekte net beter as invoerprodukte is – ’n verstaanbare verklaring as jy preserveermiddels en vervoertyd by invoerprodukte in ag neem.
Die eko-voorstanders is egter nie al wat van quinoa en avokado lewe nie. Die vegetariërs en vegane is vining om amandelmelk en eksotiese boontjies in die naam van ’n gesonde leefstyl te preek.
Ek het persoonlik al wat ’n walglike dieet is probeer, van ’n vloeistofdieet tot die onderbroke vas. As die naam meer as drie lettergrepe het is dit seker iets wat ek jou uit ervaring van kan vertel.
Na jare se dié dieet en daardie dieet het ek besef die regte dieet is om “skoon” te eet. Moet asseblief nie bleikmiddels oor vanaand se hoender gooi nie. Dit is nie wat ek bedoel nie.
Om “skoon” te eet, is om vars groente, vrugte en vleis te eet en om preserveermiddels, kleurmiddels, geurmiddels en die res van die –middle-familie uit te skakel. Jou liggaam sal jou bedank en as jy eenvoudig “skoon” eet beteken dit daar is plek vir ’n slaaisousie oor jou groenslaai en room in jou pasta.
Dit is nie ’n straf om te lewe nie, geniet ’n sjokolade of ’n lekker boereontbyt. Dit is doodnormaal om soms na ’n stukkie biltong met geel vet of ’n oliebol te hunker. Jou lyf is ingestel om vir jou te sê wat dit nodig het om optimaal te kan funksioneer, maar ek het agtergekom dat kunsmatige middels in kos hierdie balans alles deurmekaarkrap.
Moenie toelaat dat jou lyf vir jou ’n hok raak nie, en moet ook nie vir jou te veel steur aan Karla wat glo haar eksotiese tee uit Morokko gaan die wêreld red nie. Geniet ’n stukkie beesvleis van Omaruru af en wees verseker daardie boer kan ook vanaand ’n ete op sy gesin se tafel sit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie