Ekspo een groot pret-‘bonanza’
Dis weer daai tyd van die jaar wanneer die hele Namibië kragte saamsnoer om uit te haal en te wys.
Die gewilde Namibië Toerisme Ekspo vind vanjaar van 5 to 8 Junie by Windhoek se skougronde plaas.
Allerlei vermaak word by die geleentheid aangebied. Die nuwe What’s Cooking-area word onder meer bekend gestel, wat vir groot pret en plesier gaan sorg.
Plaaslike sjefs, asook sjefs uit die buurland, gaan die monde behoorlik laat water.
Sjef Lesley Jacobs, wat vanjaar weer na die Ekspo terugkeer, is die Food and Beverage Institute in Bloemfontein se programdirekteur, en is sedert 1997 aktief by die gasvryheidsbedryf betrokke.
Lesley het al by baie van die beste instellings in Suid-Afrika gewerk voor hy opleiding ontvang het.
Hy het ’n geweldige passie vir kos en opleiding, wat duidelik te sien is in sy talle kookdemonstrasies en lesse met sy ontspanne, maar insiggewende manier om sy gehoor iets te leer.
Tans speel Lesley ’n aktiewe rol as logistieke kombuisbestuurder in Suid-Afrika se nasionale kookspan.
“Ek is lief vir my werk,” sê hy.
Saam met Lesley gaan sjef Nicolas van der Walt, ook vanuit die buurland, die gehore aan die smul kry.
Nicolas het op die jong ouderdom van 12 in die kombuis begin eksperimenteer, en besef kookkuns is sy toekoms.
Hy het binne jare bekend geraak as een van die wêreld se belowendste sjefs deur aan talle kompetisies deel te neem en die kuns van gebak te bevorder deur ’n leier op die gebied van suiker- en sjokoladehandwerk te word.
Sy lewenstaak is om die kuns van gebak met almal te deel, so moet hom nie by die Namibië Toerisme Ekspo misloop nie.
Die What’s Cooking-area beloof om een van die groot trekpleisters by vanjaar se Ekspo te wees.
Alle bestanddele wat tydens kookprogramme gebruik word, word met trots deur Pick n Pay geborg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie