Ekspo fokus op plaaslike toerisme
Die plaaslike toerismebedryf kry die geleentheid om hul produkte en dienste begin Desember by Droombos ten toon te stel.
Francoise Steynberg
Local Tourism Is Lekker hou vanaf 1 tot 3 Desember 'n toerisme-ekspo met lekker spesiale aanbiedinge by Droombos buite Windhoek.
Volgens een van die stigterslede, mnr. Nrupesh Soni, is die doelwit van die ekspo om spesiale aanbiedinge vir plaaslike toeriste vir die komende vakansieseisoen bekend te stel.
“Dit gee Namibiërs die kans om van die wonderlike spesiale aanbiedinge gebruik te maak en dit is ook 'n geleentheid vir die plaaslike toerismebedryf om byeen te kom, te netwerk en strategieë vir samewerking te beplan,” sê Soni.
Local Tourism Is Lekker is op 17 Maart deur Soni van Facilit8 Namibia en me. Yvonne von Holtz van Magic Destinations gestig en later het mnre. Joseph Kafunda van Rafiki Tours en die voorsitter van die Vereniging vir Ontluikende Toerisme-organisasies en Heiko Dörgeloh van About Africa Tours, by hulle aangesluit.
“Die aanvanklike doelwit was om 'n sentrale punt vir toerismeverskaffers te bied om hul produkte en dienste ten toon te stel, asook vir Namibiërs om toegang te kry om ons pragtige land te ontdek en te ervaar,” sê Soni.
Hy sê binne die eerste maand het Local Tourism is Lekker 6 000 lede gehad en meer as 2 000 spesiale aanbiedinge is aangebied.
“Dit het plaaslike toerisme- en toermaatskappye 'n morele hupstoot tydens die Covid-19-pandemie gegee, asook 'n mate van volhoubaarheid in dié krisistyd.”
Sedert die stigting het die lidmaatskap volgens Soni tot 15 000 lede gegroei, met meer as 7 500 daaglikse aktiewe lede en meer as 7 500 spesiale aanbiedinge.
“Oor die algemeen het die inisiatief die gemiddelde akkommodasiebesetting tot meer as 10% laat styg wat laer sou wees weens die impak van Covid-19 op die toerismesektor wêreldwyd,” verduidelik Soni.
Hy sê die toerisme-ekspo op 1, 2 en 3 Desember gee die geleentheid aan die Namibiese toerismebedryf om hul plaaslike aanbiedinge vir die vakansie of vir die lang termyn aan plaaslike en streekreisigers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) ten toon te stel.
“Die doel is om die impak van die pandemie op die toerismebedryf te versag. Dit is 'n niewinsgewende geleentheid en alle maatskappy sal slegs 'n fooi van N$1 000 vir die drie dae betaal,” sê Soni.
“Die hooffokus is inklusiwiteit en plaaslike ondersteuning.”
Wat die toekoms van die Namibiese toerismebedryf betref, sê Soni “ons moet nuwe maniere en strategieë vind hoe om dinge te doen”.
Soni sê almal wat in die toerismebedryf is, is welkom by die ekspo “en deur die verskeie vennootskappe met verskillende toerismeverenigings hoop ons om steun en geleenthede aan die toerimebedryf van toergidse, voertuigverhuringsmaatskappye tot lodges en toeroperateurs te bied”.
Die netwerkgeleentheid vind op 2 Desember plaas en is oop vir bespreking oor die toekoms van toerisme.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie