Ekspo oor houtskool en biomassa om die draai
Otjiwa Safari Lodge is volgende maand die houtskoolbedryf se gasheer.
Augetto Graig - Dit is amper tyd vir die Namibiese Houtskoolvereniging (NCA) se jaarvergadering, geskeduleer vir Vrydag 9 Augustus by die Otjiwa Safari Lodge naby Otjiwarongo.
Vanjaar word die jaarvergadering gevolg word deur 'n ekspo oor biomassategnologie.
Volgens die NCA se administrateur, me. Roelien Coffee, word meer as 50 uitstallers by die ekspo verwag. Uitstallers kan om geldelike hulp by die NCA aansoek doen. Dié van ander lande kan administratiewe hulp met visums, doeanepermitte en akkommodasie versoek. Sy verwag meer as 600 besoekers op die dag waartydens minstens 30 tegnologiedemonstrasies waardevolle inligting sal verskaf. Kenners in verskeie bosgebruiktegnieke sal ook teenwoordig wees. Tussendeur die geniet van lekker kos en drankies sal geldinsamelings vir droogteverligting gedoen word.
Mnr. Michael Degé, bestuurder van die NCA, sê tegnologie se impak op die plaaslike houtskoolnywerheid is merkwaardig. “Sonder die tegnologie sou baie boere nie bosvoer of gehaltehoutskool kon vervaardig nie,” sê hy.
“Ook dié prosesse sal gedemonstreer word. Dit gaan nie net oor die tegnologie nie, maar ook oor hoe om slimmer te werk te gaan.” Meganisasie maak die afkap en verwerking van bos meer doeltreffend, sê hy. By die ekspo sal kenners wees wat dié gebruike verduidelik.
Die ekspo sal ook fokus op bosgebruik en die moontlike waarde wat daardeur ontsluit kan word. Degé sê voorbeelde is die vervaardiging van biohoutskool en geaktiveerde houtskool. Aktiveerder houtskool word gebruik in skoonheidsprodukte en volgens hom is daar wêreldwyd ‘n groot aanvraag. “Die ekspo is 'n gróót geleentheid.”
Die NCA-jaarvergadering is nie oop vir die publiek nie aangesien lede kwessies sal bespreek wat hulle raak, sê Degé. Dit sluit onder meer in nuwe regulasies wat die regering vir die nywerheid oorweeg, en die moontlikheid dat die regering sekere kommunale grond ook vir houtskoolvervaardiging beskikbaar mag maak, onder streng beheer.
Ander algemene punte van belang sluit in tariewe op uitvoere en toepaslike internasionale standaarde noodsaaklik vir die groei van die nywerheid.
Houtskool is 'n baie belangrike hulpbron vir Namibiese boere wat nou met die droogte in die land worstel, sê Degé. Die nywerheid doen goed omdat veral indringerbos 'n bron van inkomste vir boere kan wees, wat vir ander benodighede op die plaas kan betaal. Degé sê baie boere is tans afhanklik van houtskool om aan die gang te bly.
Die NCA het sowat 900 lede, van wie 754 aktief is. Werknemers in die bedryf word op 8 000 geskat, gebaseer op die aanname dat een werker sowat 5 ton houtskool 'n maand kan lewer, sê Degé.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie