Ekspo spog met eenstop-dienspunt
Augetto Graig - Diens en tegnologie word volgende week by die Namibië Toerisme Ekspo (NTE) aan besoekers bekend gestel met 'n eenstop-dienspunt - die eerste in sy soort.
Besoekers sal hier toegang verkry tot die dienste van die ministerie van binnelandse sake en immigrasie, die ministerie van finansies, die Paaieowerheid (RA) asook Windhoek se munisipaliteit.
Danksy die wonder van die kuberruim sal dié betrokke rolspelers besoekers die geleentheid bied om langdradige take hier met die hulp van InTouch se 'outomatiese toustaantegnologie' die gewag korter te maak. Paspoorte sal hier hernu kan word, terwyl algemene inligting met besoekers gedeel sal word.
Die ministerie van finansies sal regstaan om belastingstatusse na te gaan, belastingvorms te aanvaar, besonderhede op datum te bring en ook antwoorde oor die huidige amnestie vir belastingbetalers te verskaf.
Die RA sal hand bysit met die uitreik van permitte, terwyl Windhoek se munisipaliteit die beskikbare tegnologie by die dienspunt sal gebruik om sy dienste na besoekers te bring.
Volgens die uitvoerende hoof van Namibia Media Holdings (NMH), mnr. Albe Botha, staan Namibiërs al vir te lank in lang rye om diens te kry.
“Met dié dienspunt neem ons nou dienste na die mense,” het hy gesê.
“Deur na die dienspunt te kom, sal mense hul belasting kan uitsorteer, aansoek doen vir 'n nuwe paspoort en swaarvoertuigkoste ook kan betaal. Hopelik is dit een manier om te wys dat ons almal kan saamwerk,” het Botha gesê.
Die 19de Namibië Toerisme Ekspo skop Woensdagaand amptelik by Windhoek se skouterrein af wanneer uitstallers in die toerismebedryf bymekaarkom. Vir Jan Alleman maak die hekke op Donderdag 1 Junie om 14:00 oop en sluit weer om 22:00. Die ekspo duur tot Saterdag 3 Junie.
Benewens die motorskou wat deel van die ekspo vorm, is daar ook verskeie restaurante met eet- en drinkgoed. MasterChef South Africa is weer op aandrang van die publiek terug.
Nóg tegnologiese veranderinge by die ekspo is die gebruik van SMSe om gedrukte toegangskaartjies te vervang. Selfone sal ook gebruik word om die beste stalletjies aan te wys. “Ons wil regtig hê die mense moet met dié tegnologie werk,” sê Botha, wat ongeveer 20 000 mense oor die drie dae by die jaarlikse geleentheid verwag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie