Ekstra klasse in ’n sinkhuis

Tanja Bause
Tanja Bause - Buite 'n sinkhuisie in die Goreangab- informele nedersetting in Windhoek klink vrolike en opgewonde kinderstemme op.

Binne is ’n groep kinders met hul oë op ’n doek teen die sinkmuur vasgenael. Saam met die karakters op die

"skerm" leer hulle die vyfmaaltafel.

Die 24 kinders van graad 4 tot 11 kom sedert die begin van Junie elke Saterdag in dié huisie bymekaar om ekstra skoolklasse by mee. Susanne Berchtold, Pearl Garoes en mnr. Linus Kwenani te ontvang.

Berchtold bied die afgelope vyf jaar ook Children's Camp Namibia aan waartydens minderbevoorregte kinders van dwarsoor die land vir drie dae in Windhoek bymekaarkom om te leer en te speel.

Mnr. Fernandus Kharigub, wat ook by die Children's Camp Namibia betrokke is, wou vanjaar ook kinders uit Goreangab op die kamp stuur.

“Daar was egter te veel kinders en ek het ’n eenvoudige wiskundetoets opgestel en voorgestel die kinders wat die beste in die toets doen, kan gaan kamp. Nadat ek die toets by die huis gemerk het, was ek geskok, want nie een van die kinders kon dit doen nie. Ek het besluit ek moes iets doen om hulle te help,” het Berchthold vertel.

’n Pastoor in die omgewing het die sinkhuisie aan haar beskikbaar gestel en so het die ekstra klasse begin.

Die kinders en hul ouers moes belowe hulle gaan elke Saterdag die klasse bywoon.

“Daar is baie kinders wat hulp nodig het en ek kan nie my eie en ander vrywilligers se tyd mors op kinders wat nie ernstig oor die klasse is nie,” het Berchtold verduidelik.

“Elke Saterdag kry hulle drie ure onderrig in wiskunde, lees, Engels en selfvertroue. As beloning sal hulle volgende jaar almal saam op die kamp gaan.”

Garoes leer die kinders lees en help met hul begrip van Engels.

“Ek ken vir Susanne en sy het my hiervan vertel. Ek het kom inloer en op die kinders se energie en entoesiasme verlief geraak. Ek is lief vir kinders en hoewel ek nie ’n onderwyseres is nie, kan ek steeds terugploeg en hulle help. Hulle is gretig om te leer,” het Garoes gesê.

Mnr. Linus Kwenani is ’n sielkundestudent by die Universiteit van Namibië (Unam).

“Ek het ’n rukkie gelede op sosiale media gesê ek wil twee ure van my tyd aan liefdadigheid bestee. Ek het nie geld om te gee nie, maar ek het tyd om te gee. My tannie ken vir Susanne en ek het een Saterdag saam met haar gegaan. Nou kan ek kinders help en dit is vir my wonderlik,” sê hy.

Die kinders kry elke Saterdag huiswerk wat hulle getrou doen en die volgende week weer saambring.

Berchtold gebruik ’n projektor en doek om wiskunde vir die kinders verstaanbaar te maak.

Sy druk Engelse storieboekies uit en bring koerantuitknipsels sodat die kinders dit kan lees.

“Dit is baie bevredigend om met die kinders te werk. Hulle is baie gretig om te leer en geniet die aandag. Hulle was aanvanklik baie skaam en teruggetrokke, maar nou kan hulle voor hul maats staan en hardop lees,” sê Berchtold.

Volgens haar is die vraag na soortgelyke klasse groot. Sy is al deur ouers uit die Havana- informele nedersetting genader om ook daar klas te gee.

“Daar is egter net soveel Saterdae en daar is te min van ons om nog meer kinders te kan help, al wil ons graag. Ons dink nou daaraan om dit dalk een jaar by een plek en die volgende jaar by ’n ander plek te hou sodat ons meer kinders kan help.”

Vir meer inligting, kontak Berchtold by [email protected].

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!