Ekstra toonbank vir visums
Ekstra toonbank vir visums

Ekstra toonbank vir visums

Die kantoor van die ombudsman sê hy ontvang gereeld klagtes en navrae van mense met permanente verblyfspermitte im Namibië.
Henriette Lamprecht
Mense wat oor ‘n permit vir permanente verblyfreg (PRP) in Namibië beskik, hoef nie in besit van ‘n visum te wees om die land binne te kom nie, tensy dit vereis word deur die land waarheen die persoon reis.

Die kantoor van die ombudsman sê in ‘n verklaring hy word op ‘n gereelde grondslag met klagtes en navrae van Namibiese PRP-houers oorval. Die klagtes hou meestal verband met die vereiste om in besit te wees van ‘n visum om weer die land binne te kom, asook die hernuwing van die visum elke twee jaar teen ‘n koste vir die permithouer.

Volgens die ombudsman dien die PRP as ‘n waarborg vir die land wat besoek word dat die individu ná sy of haar besoek na Namibië sal kan terugkeer.

“In so ‘n geval sal die ministerie van binnelandse sake en immigrasie op versoek van die PRP-houer ‘n visum met betaling van die voorgeskrewe fooie uitreik,” lui die verklaring. Die ministerie sal voorts alle grensposte dienooreenkomstig inlig om enige ongerief te voorkom.

Intussen beplan die ministerie om ‘n bykomende toonbank vir visums by sy hoofkantoor in Windhoek oop te maak om die lang rye en vertragings in die verkryging van visums hok te slaan. Volgens die uitvoerende direkteur, mnr. Etienne Maritz, sal die toonbank voor einde September in werking gestel word, berig Nampa.

Volgens Maritz het die ministerie tans een toonbank wat moet help met aansoeke vir beide veelvuldige en enkel visumaansoeke. Veral agentskappe dien in grootmaat namens hul kliënte visumaansoeke in. Die besluit vir ‘n bykomende toonbank is geneem ná klagtes deur die publiek oor lang rye en vertragings by die een toonbank wat tans hiervoor gebruik word.

“Die proses om ‘n visum te bekom het nou verander. Voorheen is die visum met die hand goedgekeur en gestempel, maar met die instelling van die elektroniese visum (E-visa) word elke paspoort geskandeer, wat langer neem as wanneer dit met die hand gedoen word,” het Maritz gesê.

Hy het ‘n beroep op die publiek gedoen om al die nodige dokumente byderhand te hê wanneer hulle vir ‘n visum aansoek doen ten einde die proses te bespoedig en vertragings te vermy. - Eie berig en Nampa

Kommentaar

Republikein 2025-01-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 18° | 23° Oshakati: 21° | 24° Ruacana: 21° | 26° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 15° | 25° Omaruru: 18° | 28° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 19° | 29° Mariental: 22° | 31° Keetmanshoop: 25° | 36° Aranos: 23° | 33° Lüderitz: 17° | 24° Ariamsvlei: 28° | 39° Oranjemund: 16° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 31° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 30° Maseru: 19° | 32° Antananarivo: 15° | 30° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 35° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 19° | 24° Durban: 22° | 30° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 18° | 24° Harare: 17° | 24° #REF! #REF!