‘El Chapo’ kry lewenslank
Die Mexikaanse dwelmkartelbaas Joaquin Guzman, ook bekend as El Chapo (die korte), is Woensdag in New York tot lewenslange gevangenisstraf plus ’n bykomende 30 jaar gevonnis.
CNN berig Guzman (62), wat Woensdag moontlik die laaste keer in die openbaar gesien is voordat hy na die Supermax-gevangenis in die deelstaat Colorado geneem sal word, moet ook US$12,6 miljoen van sy geld as verbeurd verklaar en aan die regering gee.
El Chapo is Woensdag gevonnis nadat hy reeds in Februarie vanjaar op al tien aanklagte teen hom, onder meer sy betrokkenheid by ’n misdaadonderneming, skuldig bevind is.
Sy vonnis sluit ook dwelmhandel- en vuurwapenklagte in. Die BBC berig sy verhoor het skokonthullings oor sy lewe aan die lig gebring. Daar was ook klagte teen hom dat hy meisies so jonk as 13 jaar oud bedwelm het voordat hy hulle verkrag het.
Staatsaanklaers het na hom verwys as “’n meedoënlose, bloeddorstige leier” van die Sinaloa-kartel.
El Chapo het, geklee in ’n grys pak en donker jas, vir ongeveer tien minute in die hof gepraat voordat hy gevonnis is en hy homself tot die jurielede gewend het.
“Daar was geen geregtigheid hier nie,” het hy in Spaans gesê, verwysend na ’n verslag waarna een van die jurielede verwys het.
TWEE KEER ONTSNAP
El Chapo, wat twee keer uit die gevangenis in Mexiko ontsnap het, het ook die voorwaardes vir sy inhegtenisneming in New York oortree.
“Dit was ’n marteling, die mees onmenslike situasie wat ek al in my ganse lewe beleef het,” het hy gesê. “Dit was fisieke, emosionele en verstandelike marteling.”
Die hof het besonderhede oor sy ontsnapping in 2015 uit Mexiko se Altiplano-gevangenis gehoor. Sy seuns het ’n eiendom naby die gevangenis gekoop en ’n GPS-horlosie ingesmokkel om grawers sy presiese ligging te gee.
El Chapo het in ’n stadium gekla dat hy hulle kon hoor grawe naby sy sel. Hy het deur die tonnels met ’n spesiaal vervaardigde motorfietsie ontsnap.
Hy het ook sagteware gebruik om op sy vrou en minnaresse te spioeneer, wat dit moontlik vir die polisie gemaak het om sy boodskappe in die hof voor te lê.
Getuies het ten tyde van die verhoor gesê El Chapo het opdrag gegee en soms deel gehad in die marteling en moord op vermoedelike vyande van die kartel. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie