El Chapo na ander tronk
El Chapo na ander tronk

El Chapo na ander tronk

Francoise Steynberg
Die oorplasing van die berugte dwelmbaas Joaquin “El Chapo” Guzman na ’n tronk in die buitewyke van die stad Ciudad Juarez is met vraagtekens begroet: in Amerika, wat sy uitlewering eis, én in Mexiko.
Waarnemers van die situasie meen die tronk waar hy nou aangehou word, bekend as Cefereso Nr. 9, in Mexiko net oorkant die grens naby El Paso in Texas, is in ’n gebied waar sy kartel bedrywig is en dat daar talle mense is wat hom in ’n ontsnappingspoging sal help.
’n Gevangenisdiensamptenaar wat sy mening gegee het op voorwaarde dat hy nie geïdentifiseer word nie, meen dat Cefereso Nr. 9 nie so ontsnapbestand is soos die Altiplano-tronk waar Guzman voorheen aangehou is nie.
Tog word hy aangehou in ’n vleuel waar dieselfde maatreëls geld wat in Altiplano toegepas word. Hy word deurgaans met ’n kamera in sy sel dopgehou, het die amptenaar gesê.
In Mexikaanse nuusmedia word bespiegel dat hy oorgeplaas is ter voorbereiding van sy uitlewering aan Amerika. - Netwerk24/Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!