El Niu00f1o beduiwel (nog) nie plaaspryse
El Niu00f1o beduiwel (nog) nie plaaspryse

El Niño beduiwel (nog) nie plaaspryse

Ronelle Rademeyer
Theuns Botha - Die droogte het tot nog toe nie ’n beduidende invloed op die prys van saai- en veeplase gehad nie.
Volgens Gawie Kleinhans, bestuurder: lewende hawe en eiendomme van BKB, is ’n moontlike rede omdat die vraag na landbougrond tans relatief beperk is en verkopers by hul vraprys bly. “Eiendomme bly egter langer op ons boeke voordat dit verhandel,” het hy gesê.
Volgens Koos Kruger, bestuurder: eiendomme van Cape Mohair & Wool (CMW), is daar tot nou toe nie plase wat weens verpligte verkope vir hulle aangebied is nie. Hy het gesê daar is wel grondeienaars wat hul plase in die mark sit en ook vir die regering aanbied.
“Dan wag die boer maar om te sien wie eerste is om ’n tjek in sy hand te stop.”
Danie Cronjé van Cronjé Properties & Auctioneers in Port Elizabeth twyfel of die droogte enigsins druk op veeboere sal plaas om hul grond in die mark te sit. “Droogtes is iets wat kom en gaan,” het hy gesê. “Daar is tans bitter min goeie plase in die mark, en met die skerp daling in die waarde van die rand sal veeboere eerder vasbyt as om grond te verkoop.”
Hy het gesê in saaistreke, waar boere met groter oorlaatskuld sit en moontlik deur finansiële instellings in ’n hoek gedruk gaan word om dit te vereffen, mag dit dalk anders wees.
Hy voorsien dat die prys van Karooplase verder sal toeneem aangesien insetkoste hier laer is en selde van insolvensies daar gehoor word.
-Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!