El Niño se fut eers uit
Die moontlikheid lyk al skraler dat ‘n El Niño-verskynsel binne die volgende maande gaan ontwikkel, wys die jongste klimaatvooruitskouingsmodelle.
Dié verskynsel kom voor wanneer die temperatuur van die see-oppervlak in die ekwatoriale Stille Oseaan bo normale vlakke styg (sien infografiek), en hou normaalweg verband met droogtes in suidelike Afrika.
Volgens die Internasionale Instituut vir Klimaat en Gemeenskap (IRI) was die oppervlaktemperature van die see in die tropiese deel van die Stille Oseaan wat op die stand van El Niño of La Niña dui, teen middel Julie in ‘n neutrale fase.
Seetemperature was wel aan die oostekant naby aan ‘n amptelike El Niño, maar atmosferiese toestande in daardie gebied was ook steeds neutraal.
Die gevolgtrekkings na aanleiding hiervan is dat die neutrale stand van sake deur ons lente (Noordelike Halfrond se herfs) sal voortduur.
Die kans dat ‘n amptelike El Niño gaan ontwikkel, word op tussen 35% en 40% gestel. (Eie berig en Netwerk24)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie