Elders maak eerste buiging in Namibië
Lloyd Zandberg - Erns Grundling, die TV-aanbieder, veelbekroonde reisjoernalis by die baie gewilde Weg!-tydskrif en radio-omroeper, stel Saterdag 5 Augustus sy boek, Elders, by die Book Den in die hoofstad bekend.
Hierdie dinamiese skrywer is oorspronklik van Port Elizabeth, maar woon tans in Kaapstad.
Dit is wanneer hy nie op een of ander grondpad in die woestyne van ons grenslande vir Weg! rondkerjakker nie.
Erns se boekbekendstelling val saam met sy besoek aan die Khomas Hochland, waar hy op ‘n ses dae lange staptoer is.
“Ek is eintlik net so 60 km weg uit Windhoek op die Khomas Hochland-staptoer. Ek het 'n bietjie Wi-Fi kom bedel op 'n plaas,” het Erns vroeër dié week aan Republikein gesê.
“Ek sien baie uit daarna om Saterdag met lesers in Windhoek te gesels. Ek beplan om meer oor die Camino te vertel, uit die boek voor te lees en mense wat graag self wil gaan stap en praktiese vrae het, is welkom om te vra. Ek het ook 'n paar DVD's saamgebring van die eerste reeks van Weg Agterpaaie Namibië wat pas uitgereik is,” voeg Erns by.
Tot dusver het Elders, wat deur Queillerie (NB Uitgewers) uitgegee is, baie sukses behaal en die boek is reeds in sy derde druk. Erns sê hy ontvang foto’s van lesers waar hulle met die boek by die katedraal in Santiago de Compostela staan.
“Die boek loop letterlik wyd."
Elders gaan oor Erns se ervaringe tydens die bekende en gewilde pelgrimstog Camino Francés, in Spanje, waar hy 1 025 km binne 40 dae afgelê het - sonder ’n selfoon, kamera of horlosie.
“Ek was onvoorbereid, oorgewig, beseer en onfiks. Daarby is ek volledig ontnugter deur myself, die liefde en die lewe self.”
Hierdie is ’n ongewone boek – ’n reisverhaal en memoir wat, afgesien van ’n fisieke avontuur ook ’n deernisvolle blik op die ewe kosbare binnereis bied. Erns het juis gaan stap om van skryf af weg te kom. Eers met sy terugkoms sou hy besef hy het ’n storie om te vertel.
Diegene wat belangstel om die bekendstelling eerskomende Saterdag om 10:00 by te woon, kan vir Bruni by [email protected] kontak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie