Elektroniese oorplaatjies verhoog mededingendheid
Nuwe reëls vir uitvoer van kleinvee
Dr. Kobus Laubscher - Die Namibiese Vleisraad het onlangs riglyne vir die uitvoer van lewende kleinvee na Suid-Afrika gepubliseer.
Een van die bepalings is dat die diere met elektroniese oorplaatjies toegerus moet wees. Vir baie kom dit op kosteverhogende vereistes neer, maar dan verontagsaam dit die bykomende bemarkingsaanvulling.
Namibiese vleisbemarking word reeds gekenmerk deur die hoë vlak van naspeurbaarheid, terwyl Suid-Afrika nou eers aan die gang kan kom daarmee as 'n direkte uitvloeisel van die Phakisa-proses.
Namibiese vleis van oorsprong kry dus verhoogde status en gee die pas aan in terme van voldoening.
Tradisioneel is die plek van verbruik en die plek van produksie baie na aan mekaar en verbruikers weet wat hulle eet, of so dink die meeste nog.
In 'n ontwikkelde land is daar toenemende skeiding tussen dié twee geografiese plekke en moet gesteun word op die integriteit van die stelsel en inligting.
Hoe anders sal die Suid-Afrikaanse verbruiker byt aan ingevoerde hoender en rooivleis as hy/sy nie oortuig is daarvan dat dit veilig is nie?
Die Suid-Afrikaanse rooivleis-waardeketting boesem reeds vertroue in, maar die uitdaging is die vermoë om internasionaal mee te ding sonder erkende naspeurbaarheid.
Verbruiksofistikasie groei, ook in Suid-Afrika, en die kategorie verbruikers wat ingeligte besluite wil en kan neem wat hul verbruik bepaal, hoef nie vleis van Suid-Afrikaanse oorsprong te koop nie.
Toegang tot wêreldmarkte is 'n muisklik weg en verbeterde bilaterale ooreenkomste met lande wat kwaliteit vleis kan verskaf, soos Namibië, komplementeer die grensloosheid van markte.
Andersins bied dit geleenthede tot markontwikkeling deur die verbruiker in te lig en op te voed om vleis van die beste gehalte van Suid-Afrika af, plaaslik te koop.
Deur middel van naspeurbaarheid kan die bedingingstatus van rooivleis verbeter vir doeleindes van uitvoere, en sodoende word dit 'n buffer teen ingevoerde vleis wat die verbruikers as van 'n beter gehalte beskou.
Die aangewese strategie ten opsigte van die ontwikkeling van verhoogde afneemvermoë behoort dus gekoppel te wees aan die vermoë om individuele identifikasie te doen.
NASPEURBAARHEIDSTELSEL
Enige naspeurbaarheidstelsel van waarde bestaan uit 'n versameling komponente met die oorsprong wat verder strek as die plaashek.
Die produsent staan egter sentraal in die besluitnemingsproses. Hy werk met die einde in gedagte, met ander woorde met dit wat die waardeketting vereis.
Laasgenoemde is 'n vertaling van verbruikersvoorkeure en vereistes wat die mark aan produkstandaarde stel, wat die produsent weer omskep in die vraag na toepaslike insette.
Hierdie feitelikheid smoor vervolgens die vermoë van pryse as alleenstaande veranderlike in die vraagvergelyking.
Naspeurbaarheid of individuele identifikasie gee die beste gestalte aan die visie van doeltreffende vloei vanaf die plaashek tot op verbruikers se borde – die “farm to fork”-dryfkrag. Bewese verbetering van prestasie binne waardekettings word verloor by die afwesigheid daarvan.
Behoorlike verbruikersfokus en -oriëntasie is die direkte afgeleide van kwaliteitswaarborge wat sonder naspeurbare produkte toenemend moeiliker of selfs onmoontlik sal word.
Markte daarsonder ontwikkel nog.
Dit is allermins 'n gier. Bewese segmentering en veranderde vraagvoorkeure in die Suider-Afrikaanse samelewing, spesifiek die middelklas, moenie toegelaat word om verswelg te word deur wat die groeiende arm bevolking kan bestee nie.
Die werklike doeltreffende vraag soos wat dit gestalte vind by diegene wat kan kies wat hulle wil koop en dit kan bekostig, bly 'n funksie van gedifferensieerde produkte.
Naspeurbare produkte val in daardie kategorie. Die groeiende belangrikheid van gehalte landbouprodukte en die gevolglike kompleksiteit van die prosesse betrokke, maak waardekettingbestuur kritiek belangrik in die verskaffing van veilige produkte.
As sodanig steun moderne waardekettings op die behoorlike koördinering van vloei, veral vir kwaliteitstandaarde.
Die huidige gebrek aan koopkrag as gevolg van die stand van die ekonomie moenie as blywende beperking aanvaar word nie. Die klem val eerder op 'n versnelde vermoë om daardie deel van die mark te lei met produkte wat die vraag kan bevredig.
Ingeligte verbruikers wat kan kies, plaas groter klem op beste praktyke op die plaas, die voldoening aan internasionaal erkende produkveiligheidstandaarde, voedselveiligheid, bioveiligheid en dierewelsyn.
Deur dit nie te openbaar of toegang daartoe te verleen nie, sal die verbruiker nie skroom om self dié versekering te soek nie.
Naspeurbaarheid is 'n uitstekende middel tot daardie doel - veral in die mate waartoe dit bestaande standaarde kan aanvul.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie